89 results on '"AFRIKAANS fiction"'
Search Results
2. Spookagtige verledes: Literêre verwerkings van Raiders of the Lost Ark (1981) en Stalker (1979) in Suid Afrikaanse romankontek.
- Author
-
Loots, Sonja
- Subjects
AFRIKAANS fiction - Abstract
Haunting specters from the past : The literary reworking of Raiders of the Lost Ark (1981) and Stalker (1979) in the context of Afrikaans fiction This article explores references to Andrei Tarkovsky’s Stalker (1979) and Steven Spielberg’s Raiders of the Lost Ark (1981) in two post-apartheid Afrikaans novels. I consider the different meanings that these films, which date from the same period, generate in Triomf (1994) by Marlene van Niekerk and Die Derde Spoel (2017) by S. J. Naudé. I argue that both novels, like both movies, can be considered hauntological. The novels feature characters who are haunted by specters from the past in the presence. These spectral hauntings force them to consider their historical and cultural heritages. They also find that the return of the past in the present have implications for their future trajectories. Triomf reworks the plots and themes of Raiders of the Lost Ark to compare secrets from South Africa’s apartheid past with the dangers surrounding the lost Ark in the movie. Die Derde Spoel references Stalker to depict the strangleholds of the past on the present, with specific attention to the legacy of apartheid, other totalitarian regimes and the damages wrought by Aids during the 1980’s. Both novels portray the past as poisonous and still active in the present, with the power to derail the future. [ABSTRACT FROM AUTHOR]
- Published
- 2022
3. Blitsverkopers, beeldvorming en bemarking
- Author
-
Joanita Erasmus-Alt, H.P. van Coller, Joanita Erasmus-Alt, and H.P. van Coller
- Subjects
- Authorship--Marketing, Best sellers--South Africa, Afrikaans fiction
- Abstract
Watter faktore dra daartoe by dat ʼn literêre werk suksesvol is en selfs as ʼn blitsverkoper bestempel kan word? Is dit die literêre gehalte daarvan; die sogenaamde intrinsieke eienskappe soos komposisie, struktuur of meerduidigheid; kortom “the amount and diversity of material integrated” in die woorde van Wellek en Warren? Of kan sukses toegeskryf word aan suksesvolle bemarking; die skrywer se ‘postuur'en selfposisionering; én aan die wyse waarop die motiewe en tema van die boek aansluit by heersende diskoerse? In hierdie baanbrekerswerk val die klem op laasgenoemde, naamlik die sogenaamde ekstrinsieke aspekte. ʼn Boek met waardevolle insigte vir veral uitgewers, bemarkers en letterkundiges.
- Published
- 2021
4. Tweegevreet
- Author
-
Zirk van den Berg and Zirk van den Berg
- Subjects
- Afrikaans language materials, Afrikaans fiction, Detective and mystery stories, Afrikaans
- Abstract
In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met'n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en'n Berlynse besoeker wat'n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom. Tweegevreet bied, soos sy voorganger Die vertes in, spanning én stof tot nadenke.
- Published
- 2020
5. Skadukant
- Author
-
Rika Cloete and Rika Cloete
- Subjects
- Afrikaans fiction, Murder--Investigation--Fiction, Women--Crimes against--Fiction
- Abstract
Die verminkte lyk van'n vrou wat op die strand gevind word, ruk die rustige Murraybaai, veral wanneer dit blyk dat die geweldenaar swanger vroue teiken. Die nagmerrie verdiep wanneer die verwagtende Deirdre O'Brien ook deur die gemaskerde moordenaar geteister word. Sy word die prooi in'n obsessiewe kat-en-muis-speletjie. Hy wil haar knak en haar lewe steel, maar sy gaan dit nie toelaat nie.
- Published
- 2020
6. Draairivier
- Author
-
Engela Ovies and Engela Ovies
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Dis die jaar 1955 en Suzanna Jansen woon saam met haar pa, ma en broer Gert in'n riethuisie op'n plaas naby Kakamas. Dis die Kersvakansie voor Sanna se laaste skooljaar en deesdae kry sy vlinders in haar maag elke keer as sy die buurseun, Johannes, in een van die veekampe raakloop. En dan is daar Inge wat soos die slapende skoonheid gevangene is in die Groothuis. Engela Ovies se debuutroman, Draairivier, is'n deernisvolle verhaal oor familie, vriendskap, liefde en vergifnis.
- Published
- 2020
7. Satyn Omnibus 8
- Author
-
Ettie Bierman, Anita du Preez, Lizet Engelbrecht, Ettie Bierman, Anita du Preez, and Lizet Engelbrecht
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Nikka weet Ruan het haar steeds lief in Anderkant die volmaan. Tog wil hy nou van haar skei. Moet sy vir hom wag of eerder haar ou vriend Thys'n tweede kans gee? In Bambi en die boef kan Bambi nie besluit by wie haar hart hoort nie: Louis, oor wie sy onsmaaklike dinge lees, óf die betroubare Bertus? In Victoriavalle van liefde moet Emesia Small by die Rhodes Inn gaan werk. Rex wil die hotel verkoop, maar sy broer, Deon, wil sy erfenis behou.
- Published
- 2019
8. Medusa
- Author
-
Rudie van Rensburg and Rudie van Rensburg
- Subjects
- Afrikaans fiction, Detective and mystery stories, Afrikaans
- Abstract
'n Ongekende vuur brand in Kassie Kasselman se binneste. Hy en Rooi Els het nog nooit só'n saak hanteer nie. Die sterk emosies wat hy ervaar, stem hom onrustig. Reeds as groentjiespeurder het Kassie geleer dat jy te alle tye afsydig moet staan van'n saak sodat dit jou nie emosioneel oorweldig nie. Anders maak jy oordeelsfoute. Maar hierdie saak laat dit nie toe nie. Dit krioel in sy binneste soos'n bondel giftige slange. Die gedagte aan die kinders, aan wat hulle moet meemaak... Boonop voel dit of elke leidraad soos'n geelwortel voor hulle neuse geswaai word, maar sodra hulle dit waag om daarna te hap, is daar niks. Die saak seil onder hom en Rooi uit. Hulle kan die glibberige spoor net-net in die verte sien kronkel. En die slagoffers gil desperaat om hulp... In Medusa boor Rudie van Rensburg'n nuwe, donkerder aar oop vir ons geliefde speurder kaptein Kassie Kasselman. Daar's mensehandel en psigopatie om mee handgemeen te raak – en kinderlewens op die spel.
- Published
- 2019
9. Ek wens, ek wens
- Author
-
Zirk van den Berg and Zirk van den Berg
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
As lykbesorger het Seb al talle lyke gebalsem, organe teruggepak in lyfholtes, beendere aanmekaargelas en doodsbleek gesigte gegrimeer vir roubeklaers om te besigtig. Wat help dit om te wens vir'n ingryping wat hom sal losruk uit sy saai bestaan? Maar toe die sterwende seuntjie Gawie en sy ma by die begrafnisondernemers instap, kry Seb tog rede om in wense te glo... En kom voor'n dilemma te staan: Waarvoor wens jy as jy één wens het wat waar gaan word?
- Published
- 2019
10. Die verevrou
- Author
-
Jan van Tonder and Jan van Tonder
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Liora word groot op'n volstruisplaas in Algerië. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery,'n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums. Maar onrus bou op in Algerië, en eindelik word sy en haar familie gedwing om landuit te vlug. Ná jare in Parys kom Liora in die Klein-Karoo aan, op soek na haar oom Moshe. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer, nes in haar jeug, lê daar'n grens voor haar wat sy moet oor.
- Published
- 2019
11. Bos
- Author
-
Jaco Wolmarans and Jaco Wolmarans
- Subjects
- Afrikaans fiction, Veterans--Fiction
- Abstract
Bloedbroers.'n Vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese pseudo-operasies. Carlos Viyera, die veteraan met'n duister, gewelddadige verlede. Tex Texeira, sy talentvolle protégé. En toe is die oorlog verby. Of is dit? Hoekom, na jare van donker geheime, het Carlos nou die grens oorgesteek as renosterstroper in Mosambiek? Die gevreesde, onaantasbare Kalingono, dood verklaar na'n duister operasie … nou moordend terug?
- Published
- 2019
12. Satyn Omnibus 7
- Author
-
Ettie Bierman, Lizet Engelbrecht, Anita du Preez, Ettie Bierman, Lizet Engelbrecht, and Anita du Preez
- Subjects
- Afrikaans fiction, Romance fiction
- Abstract
In Wanneer'n droom waar word moet Carmia Basson na die Vermeuleuns se spoglandgoed verhuis wanneer sy as Margo Vermeulen se assistent aangestel word. Deneys, Margo se kleinseun, wil egter nie vir Carmia op die plaas hê nie. Hoekom vind Carmia die beduiwelde Deneys so onweerstaanbaar? In Dokter Dierbaar moet Vicky Serfontein saam met dokter Paul Venter werk ná hul rampspoedige eerste ontmoeting. Kort voor lank begin sy vrees vir skade aan haar hart, want volgens die skindertonge is Paul Venter'n regte casanova. In Geërfde liefde moet Nikki Swart noodgedwonge op Kapisya boer vir oorlewing, en rooskleurig is dit beslis nie. Want Jan, die mede-erfgenaam, maak die lewe vir haar onuithoudbaar. Hy is'n geharde boer, en hy het net een doelwit voor oë: om so gou as moontlik van dié bedorwe stadsjapie ontslae te raak.
- Published
- 2018
13. 'n Brief vir Reina
- Author
-
Elsa Winckler and Elsa Winckler
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Wanneer Reina Sauer se ouma sterf, hoor sy dat sy haar huis op McGregor erf. Maar'n ontwikkelaar, die ontnugterde en siniese Derek Retief, wil graag die huis deel van'n sekuriteitskompleks maak. Al wat Derek kort is Reina se handtekening. Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak Reina met haar ouma se vriende wat afhanklik was van haar ouma? En wanneer Reina die huis begin opruim, kom sy op'n boks vol briewe in die solder af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reggekry het om'n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het. Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.
- Published
- 2018
14. Bet-El : En daar was engele
- Author
-
Helena Hugo and Helena Hugo
- Subjects
- Afrikaans fiction, Man-woman relationships--Fiction
- Abstract
Die jaar is 1897 en oorlog is aan die kom. Tyd vir versoening raak by die dag korter, ook vir die mense van Mispa. Daniël kies die goeie weg teen sy hardnekkige begeerte vir die vrou van sy drome in. Maar sal Willem en Jan Adriaan betyds vrede maak of moet hulle deur siekte en dood gedwing word? Is Eli se lewensleuse van onvoorwaardelike liefde en diensbaarheid genoeg vir die kinders onder sy sorg en sal Anna se koms na Elim'n blywende verskil maak? In die pynlike ure van afskeid weet geliefdes wat mekaar moet groet: God sal sy vleuels oor hulle hou, oor hulle wat naby Hom bly.
- Published
- 2018
15. Snak
- Author
-
Rouxnette Meiring and Rouxnette Meiring
- Subjects
- Future life--Fiction, Afrikaans fiction
- Abstract
Nadat Orpheus haar red by die sfinks, word Kara wakker in'n Andromeda-wentelstasie, met geheueverlies. Kaleb en Mohlomi word herenig, maar Mohlomi dink Kara is dood. Hulle oortuig Ya-ya om hulle terug te neem Kango-grotte toe, maar sy laai hulle af by'n skrikwekkende Chinafrika-werkersplaas. Intussen het Amber, soos die ouers, aan die slaap geraak. Mohlomi het nog die stervorm-voorwerp wat hulle by die sfinks gekry het. Wat moet hulle daarmee doen? Is dit die sleutel om die slapende ouers wakker te kry? Kara ontdek dat sommige van die ouers hulle op die Andromeda-stasie bevind, maar haar ma is nie daar nie. Sy moet terugkeer Aarde toe om haar vriende te vind en die raaisels op te los.
- Published
- 2018
16. Omdat jy my liefhet
- Author
-
Elsa Winckler and Elsa Winckler
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Dis Livie Mulder se beurt om vir'n maand in haar oorlede tante se huis op Greyton te gaan bly. Dis beslis nie die ideale bepaling in die testament nie, maar Livie benodig die erfporsie om uiteindelik'n belangrike droom te verwesenlik. Sy moet egter noodgedwonge op mense aangewese wees wanneer alles nie volgens plan verloop nie. Bart Coetzee red haar telkemale uit'n penarie. Dis ongelukkig dieselfde man wat haar van die eerste oomblik af verkeerd opgevryf het. Die feit dat hy dodelik aantreklik is, maak haar rug net nog stywer. Bart het Greyton toe gekom om stil te lewe, en om te probeer ontsnap van die een gebeurtenis wat hom byna vernietig het. Daarom vermy hy nou enige verdere komplikasies – veral vroue – in sy lewe. Sal hy kan aanbeweeg, en die hartseer van vier jaar gelede begrawe? Boonop moet Livie ook besluit of sy kans sien vir'n toekoms saam met Bart.
- Published
- 2018
17. Ena Murray Keur 18
- Author
-
Ena Murray and Ena Murray
- Subjects
- Afrikaans fiction, Man-woman relationships--Fiction
- Abstract
In Eiland in die son begin Willemien se stryd om oorlewing – saam met'n geheimsinnige vreemdeling en'n jaloerse miljoenêrsvrou – toe haar vliegtuig in'n tropiese oerwoud neerstort. Hoe kán sy haarself so totaal vergeet in die arms van'n vreemdeling? Dít terwyl sy op trou staan met Ian, wat óók in die ongeluk was, maar nou nêrens te vinde is nie. Andrea Smit besluit om haar pa op'n avontuur te vergesel in Señor die seerower – min wetende dat haar pad op'n tropiese eiland met dié van'n aantreklike Spanjaard sal kruis; en dat sy sodoende in allerhande onmoontlike situasies sal beland... In Sluiers van wierook ontspoor Ida Herbst se planne om deel te wees van'n soektog na water in Saoedi-Arabië se grootste woestyn. Sy moet haar vriendin Ansie opspoor, en die enigste oplossing is om haarself gewilliglik in prins Ibrahim Hazik se kloue te begewe. Boonop ontketen die geheimsinnige Georg ongekende emosies in haar hart.
- Published
- 2018
18. Veldiep
- Author
-
Fanie Viljoen and Fanie Viljoen
- Subjects
- Social networks--Fiction, Afrikaans fiction, Man-woman relationships--Fiction
- Abstract
Amber is onseker van haar voorkoms. Is sy mooi? Sy maak'n anonieme youtube-video waarin sy mense vra om haar voorkoms te beoordeel, maar dit beland per ongeluk op haar facebookblad. Tim is gewild, maar sy meisie het hom sopas afgesê vir een van die rugby-ouens.'n Toevallige ontmoeting in die skadu's van die landgoed waar hulle albei woon, lei tot'n ongewone vriendskap, maar sal Amber die moed hê om haar spoke te konfronteer? En sal Tim die skadu-meisie se ware skoonheid kan raaksien?
- Published
- 2018
19. Kraak
- Author
-
Rouxnette Meiring and Rouxnette Meiring
- Subjects
- Future life--Fiction, Afrikaans fiction
- Abstract
In 2065, na vele natuurrampe, rig geo-ingenieurs'n virtuele koepel oor Kaapstad op en dit word //Hui!Gaeb. Maar in 2315 begin die krake wys; krake in die koepel, maar ook sypel daar in die ultragereguleerde samelewing van //Hui!Gaeb invloede van die buitewêreld in. Vele inwoners lê in droomhospitale, onverklaarbaar aan die slaap, maar lewend.'n Groep jongmense besluit om die koepel te verlaat en'n reis na die noorde van Chinafrika aan te pak op soek na antwoorde.
- Published
- 2018
20. Kinnes : ’n novelle
- Author
-
Chase Rhys and Chase Rhys
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Almal in Jurassic Park op die Kaapse Vlakte ken vir Anwaar ‘Ahnie'Brandt vandat hy'n ekstra in die film Gangsta Gangster was. Maar die baas van die Butcher Boys soek nog meer roem. Nou maak die gang hulle eie movies met hul selfone – movies wat die vrees in mense se oë vasvang. Ahnie se ma, Mary, kyk anderpad en sê sy weet van niks. Sy het mos nog'n baksteenfoon, sy like nie van tegnologie nie. Nicole Lamb en Derick Delcarme is in matriek en verlief, maar toe Nicole swanger raak, moet Derick die skool verlaat om'n werk te soek. Hy het geen ander keuse as om by die UML-gang aan te sluit nie, want daar kan hy darem geld maak. Rolanda Fischer wil'n lewe van weelde soos'n Cape Kardashian hê en as sy nie'n celebrity op sosiale media kan word nie, gaan sy vir haar'n ryk man kry. Maar sy hou ook van'n bad boy... In Kinnes deur Chase Rhys word moeilike waarhede met deernis en humor oopgeskryf.
- Published
- 2018
21. Die derde oog
- Author
-
Etienne Leroux and Etienne Leroux
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Kaptein Demosthenes de Goede word ná die suksesvolle afhandeling van elf take aan die D-diens geleen vir sy laaste en twaalfde taak – hy ontvang opdrag om die berugte tycoon Borris Gudenov vas te trek. Gedurende hierdie soektog bevind De Goede hom in'n inkopiesentrum met'n sirkelgangtrap;'n doolhof wat afdaal na die inferno. En soos Dante van ouds moet De Goede in die soeke na homself'n hellevaart na benede aandurf.
- Published
- 2018
22. Wat het geword van Dinsdag?
- Author
-
Tinus Horn and Tinus Horn
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Joe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. Nie rêrig nie. Hy ontmoet ook vir Michael,'n verloopte Suid-Afrikaanse Jood met absurde drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink. Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag? Dis'n roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman'n terugblik op drie onstuimige dekades in Johannesburg, en andersyds'n verhaal van een man se leuens wat hom inhaal – oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan onthou, maar bowenal oor Nina.'n Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.
- Published
- 2018
23. Die daggaboer
- Author
-
Jean-Pierre de Kock and Jean-Pierre de Kock
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Lennet Loots is'n alleenloper. Hy woon op'n lappie grond buite Baardskeerdersbos waar hy boer met groente en vrugte, en dagga. Jare gelede was Lennet'n gewone rekenmeester wat'n gewone voorstedelike bestaan gevoer het, maar iewers langs die pad het hy alles opgegee – sy meisie, sy loopbaan, sy pa in die alzheimers-kliniek (wat hy vermy, al woon hy net om die draai). Die daggaboer is'n ontroerende debuutroman – die relaas van'n jong man wat verkies om eerder in'n karavaan van hand tot mond te lewe as om die waarheid te konfronteer.'n Besonderse verhaal, deur'n talentvolle jong skrywer.
- Published
- 2018
24. Prooi
- Author
-
Deon Meyer and Deon Meyer
- Subjects
- Detective and mystery stories, Assassins--South Africa--Fiction, Afrikaans fiction, Murder--Investigation--South Africa--Fiction
- Abstract
Kapteins Griessel en Cupido wil van meet af aan nie dié docket hê nie. Die een van Johnson Johnson, oud-poliesman, sy lyk gekry langs die treinspoor anderkant Drie Susters. Want die saak is weke oud. Yskoud. Opgeneuk deur die SAPD, afgedwing op die Valke. Twee passasiers op die wêreld se luuksste trein – waaruit Johnson klaarblyklik gespring het – is spoke. En die arrogante beamptes by die BBP-Beskermingseenheid lieg soos tannetrekkers. Oor kardinale inligting. Negeduisend kilometer noord leef Daniel Darret sy nuwe, eenvoudige lewe in Bordeaux. Tot Ronnie May opdaag, en hom vra om nog een keer te jag. Sy prooi is die staatsgekaapte president van sy tuisland. Want dít is wat Daniel in die ou dae gedoen het, toe hy'n laksman vir die Stasi en KGB was. Kan die Valke die gemors betyds ontrafel om die sluipmoord te keer? Kan Daniel die meedoënlose Russiese agente ontglip wat hom tot elke prys wil elimineer? En gaan Bennie dit alles oorleef om eindelik vir Alexa Barnard te vra om te trou?
- Published
- 2018
25. Stof
- Author
-
Alettie van den Heever and Alettie van den Heever
- Subjects
- Future life--Fiction, Afrikaans fiction
- Abstract
Twintig jaar ná die Hardskip. Dié wat oor is in die Wes-Kaap is gelooi deur die groot honger toe al die oeste misluk het, deur die stof en die gluur van die son. Op Kylemor wonder Ampersand wat geword het van Wakinyan, die swarthaar-man wat als kom deurmekaarroer het. Hier's min vir haar oor ná haar ouma se dood, so sy vat die pad – met haar sade. Sy moet vir Wakinyan vind, en sy moet sorg dat die saad nie in Meconium – hulle wat alle saad wil beheer – se hande val nie, want plantsaad is in 2081'n streng taboe en Amper se grootste las. Maar juis in Meconium moet sy gaan soek, waar high-tech shit en high-shit tech vennote is. Amper en haar unieke neus wat die groot stof kan deurtas moet haar pad voel-voel baan deur die stank van dié regime. Stof is subtiele toekomsfiksie, avontuurverhaal én'n aards-poëtiese ontginning van'n beeldskone anderster Afrikaans. Dié debuut spruit uit'n cum laude-meestersgraad in kreatiewe skryfwerk onder leiding van Marlene van Niekerk en Willem Anker.
- Published
- 2018
26. Stroomop
- Author
-
Adeline Radloff, Donnalee Roberts, Ivan Botha, Adeline Radloff, Donnalee Roberts, and Ivan Botha
- Subjects
- Adventure stories, Women--Fiction, Afrikaans fiction
- Abstract
Vyf Gautengse vroue swem stroomop deur die lewe. Hulle kom uit baie verskillende wêrelde: Daar's'n uitgebrande chirurg,'n bedroefde tipe A-prokureur, haar opstandige studentedogter,'n oorgewig, oorstelpte huisvrou en ma van drie, en'n vreesbevange jong data-analis in haar liefde verlaat. Hulle beland saam in groepsterapie vir die traumas wat die lewe hulle onlangs opgelê het, en deel van die terapie is'n river rafting-ekskursie op die woeste Oranjerivier. Wanneer hul manlike gids daar in groot moeilikheid beland, moet dié vyf diep verskillende vroue saamspan, verby hul eie probleme en struwelinge kyk en die gevaarwaters sónder hul gids aandurf – of hy, en hulle, oorleef dalk nie.'n Bemagtigende vroue-avontuur oor spanwerk, volharding en jou eie ding met oortuiging doen, deur die span van Pad na jou hart en Vir altyd. Die gelyknamige rolprent met Donnalee Roberts in een van die hoofrolle begin op Vrouedag 9 Augustus landwyd draai.
- Published
- 2018
27. Liefde in die tyd van die internet
- Author
-
Fransi Phillips and Fransi Phillips
- Subjects
- Afrikaans fiction, Man-woman relationships--Fiction
- Abstract
Al sê haar shrink nou ook wát, Hanna weet sy werk basies as prostituut. Om uit haar nagmerrie-verhouding en -werk by Pretoria se goorste prokureur te ontsnap, kry Hanna werk as Engelsonderwyser in Moskou – met die raad en hulp van skrywer-karakter Fransi Phillips, wat self in Moskou Engels gee en Hanna as storiekarakter wil inspan. Daar gekom, is een van Hanna se eerste Skype-leerders die onweerstaanbare Nureyev lookalike Wolf79,'n skeepsmagnaat en man van formaat. Maar sy't dan juis Rusland toe gevlug om haar as professionele vrou te kom bewys, nie om halsoorkop verlief te staan en raak nie! En wat voer Phillips anyway in die mou met haar Hanna-karakter? Om nie te praat nie van die doos van'n verloofde wat Hanna in Pretoria agtergelaat het...In hierdie verruklike stadsprokie vir grootmense gaan die leser verras word, lê van die lag, dalk ongemaklike nuwe gedagtes dink, en régdeur tonekrul-lekkerkry vir die mees oorrompelende romanse nóg.
- Published
- 2018
28. Dubbelspiraal
- Author
-
André Jansen and André Jansen
- Subjects
- Afrikaans fiction, Spy stories
- Abstract
Hy en Xolisa Ndlela sou vriende kon wees, besef geheime agent Koos Jooste hier teen die nadraai van die 1994-verkiesing. Want hulle ontdek aspekte van mekaar wat nie een sou vermoed het nie: soos Ndlela se ervaringe in Quatro, die ANC se berugte strafkamp in Angola, en hoe elkeen oor die toekoms voel. Sedert die Soweto-oproer in 1976 kruis die paaie van dié twee Suid-Afrikaners telkens tydens sleuteloomblikke in die land se geskiedenis. Jooste verdedig die bestaande bestel, Ndlela beywer hom vir die nuwe, en Dubbelspiraal plaas die fokus op hoe die magsewewig tussen hulle gedurig verander. Die leser word gevoer van Grahamstad na Soweto, Amsterdam na Parys, Mtubatuba na Bettysbaai. Jooste, agent in die vreemde, moet persoonlike tragedie verwerk, in'n wankelende wêreld vastigheid soek, en sukkel met die begrippe patriotisme en lojaliteit. En wat kan één mens doen om die euwels van die nuwe heersers se korrupsie te bestry? “...'n merkwaardige leeservaring.” – Kerneels Breytenbach
- Published
- 2018
29. Die rooikop en die redakteur en ander stories : 1955–1959
- Author
-
André P. Brink and André P. Brink
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
In hierdie versamelbundel bring H&R vroeë verhale deur een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die Sestiger-beweging en internasionale literêre aansien het André Brink sy loopbaan begin as skrywer van spannings- en liefdesverhale met. Die vermaaklike stories in dié bundel het gedurende die 50's in die Die Huisgenoot en Die Brandwag verskyn.'n Kombinasie van Brink se eiesoortige humor met'n tikkie nostalgie – perfek vir'n ouer én nuwe geslag lesers.
- Published
- 2018
30. Christine le Roux Keur 4
- Author
-
Christine le Roux and Christine le Roux
- Subjects
- Widowers--Fiction, Afrikaans fiction
- Abstract
In hierdie keur bewys Christine le Roux opnuut dat jy nie'n vasbeslote vrou moet onderskat nie. In Liewe Onskuld soek die wewenaar Nicolas Steytler'n oppaster vir sy twee kinders. Die jong rabbedoe Olivia Joubert lyk aanvanklik na'n onwaarskynlike kandidaat, maar sy is vasbeslote om haarself te bewys. Sý sal na Nicolas se kinders kyk en sommer ook'n vrou vir hom soek. In Om lief te hê aanvaar Hester Verster'n pos by'n plaasskool omdat sy wil wegkom van die stad se gewoel. Die plaaseienaar is egter openlik vyandig teenoor haar en maak dit duidelik dat hy nie tyd het vir onhandige stadsmeisies nie. In'n Veilige hawe besluit Madelein le Grange om met die doodgoeie Johan Brink te trou, al hunker sy na Colin Viljoen – die man wat sy tydens haar vakansie in Durban ontmoet het. Op hul wittebrood in Kaapstad loop Johan en Madelein vir Colin raak, met rampspoedige gevolge.
- Published
- 2018
31. Aanspreekliheid (Jaco Fouché)
- Author
-
Chantelle Gray
- Subjects
answerability ,giving an account ,wound culture ,Afrikaans fiction ,Aanspreeklikheid ,Jaco Fouché ,African languages and literature ,PL8000-8844 - Published
- 2021
- Full Text
- View/download PDF
32. Willem Anker's Red Dog, Cormac McCarthy, and the Enigma of Coenraad de Buys.
- Author
-
Cornwell, Gareth
- Subjects
- *
PLAGIARISM , *FICTION , *LITERARY criticism , *AFRIKAANS literature -- History & criticism , *AFRIKAANS fiction - Abstract
Willem Anker has been accused of stealing from Cormac McCarthy's Blood Meridian (1985) in his novel Red Dog (2018), the English translation of his award-winning Buys (2014). I defend Anker on the charge of plagiarism, while conceding that his novel could not have been the book that it is without the precedent of Blood Meridian. I go on to voice other reservations about Red Dog via discussion, inter alia, of Anker's characterisation of Coenraad Buys and the rendering in English of his Afrikaans original. I conclude that the historical Coenraad Buys appears intractable to novelistic treatment, and that Anker signals his awareness of this while at the same time making a valiant attempt to bring the character to life. [ABSTRACT FROM AUTHOR]
- Published
- 2021
- Full Text
- View/download PDF
33. (Re-)interpretations and (re-)creations in contemporary Afrikaans cinema: adapting popular non-fiction into popular film in Vergeet My Nie (Forget Me Not).
- Author
-
Prinsloo, Tarryn-Tanille and Broodryk, Chris
- Subjects
AFRIKAANS fiction ,FILM adaptations ,CONTEXTUALISM (Philosophy) ,FILM scriptwriting ,CREATIVE ability - Abstract
Afrikaans film adaptations offer exciting opportunities for exploring the productive tensions between the source material and the adapted work. In this article, the authors aim to explore, by way of a case study, which key processes informed the screenwriter's adaption process in writing Vergeet My Nie (Prinsloo, 2019). The authors also explain key concepts that help to retroactively reframe the screenwriter's process, specifically (re-)interpretation, (re-) creation and fidelity. This process is critically contextualised in the feature film collaborations between Huisgenoot, The Film Factory and kykNET, which operate within specific Afrikaans cultural and industrial structures. This article demonstrates how creative challenges of (re-) interpretation, (re-)creation and issues of fidelity can be overcome to deliver an adaptation that appeals to a popular mainstream viewership. [ABSTRACT FROM AUTHOR]
- Published
- 2021
34. 1795
- Author
-
Dan Sleigh and Dan Sleigh
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
William van Reede van Oudshoorn is'n goewerneur se seun, met'n belangrike plek in die Kaapse regering. Sy lewe is ordelik, aangenaam, welgesteld, met sy woning, Saasveld,'n paar goeie vriende en sy groeiende kosmopolitiese dorpie. Toe bring die see hom iets wat hy lank ontbeer het: die liefde van'n vrou. Maar in die winter van 1795 breek storms oor die land, waarin William veel verloor wat hy gedink het syne was. Behalwe sy volgehoue verset teen verraad en vreemde oorheersing. Dan Sleigh eindig sy skrywersloopbaan, wat in Eilande met die pionierstyd begin het, in 1795 met die Kaap se laaste maande onder die Kompanjiesvlag –'n onvergeetlik unieke herskepping van'n verbygegane era, subtiel relevant vir vandag se uitdagings aan die suidpunt van Afrika.
- Published
- 2016
35. Die skaalmodel
- Author
-
Anneli Groenewald and Anneli Groenewald
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
“ Mense onthou mos dinge op verskillende maniere,” het oom Hennie vir my gesê. En hulle onthou verskillende goed. Sy woorde aan my was: “Ons almal onthou dit dalk reg. Elkeen op sy eie manier.” Juffrou Berdina Visagie, argivaris van die Bredasdorp Skeepswrakmuseum, besluit daar moet'n noukeurige skaalmodel van die vergane Overbergse kusdorpie Skipskop gebou word.'n Skaalmodel wat sal verhoed dat Skipskop finaal in die vergetelheid verdwyn, Meneer die Voorsitter. En kom ons vergeet nie van die behoud van die museum nie. Maar haar poging eindig in tragedie, en nou staan sy aangekla: Pligsversuim, wanbesteding,'n verwoeste museumtuin. Om van bedenklike vriende nie eens te praat nie. Gelukkig is juffrou Visagie'n uitsonderlik deeglike amptenaar. Sy het haar verweer gereed. Sy vra net om gehoor te word.
- Published
- 2016
36. Triomf
- Author
-
Marlene van Niekerk and Marlene van Niekerk
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Nomaprys vir publikasies in Afrika (1995), CNA-prys (1995), M-Net-prys (1995). Triomf is'n boek vir die groot lag én die groot huil. Een wat jou pak, jou laat gru, jou betower.'n Storie wat jou laat met dié verwondering: dat soveel grasie kan kom uit so'n geneuk. “‘Die inwoners van Martha Straat 127 is'n kombinasie van dié wat ek elke dag op straat sien. Dié mense en armoede is oral in ons groot stede. Jy hoef net op'n Saterdag by'n drankwinkel in'n minder gegoede buurt in te stap om mense te sien wat sukkel en swaarkry.'“Die boodskap wat sy in haar boek wil oordra, is dat ryk en arm mense dieselfde emosies ervaar en dat hul worsteling daarmee ewe intens is. ‘'n Mens se hart bly dieselfde, ongeag sy omstandighede. Selfs die versukkeldes kan liefhê, sensueel wees, ontroer en vergewe, eienskappe wat die hoër middelklasse dikwels vir hulself toe-eien.'
- Published
- 2016
37. Op 'n dag, 'n hond
- Author
-
John Miles and John Miles
- Subjects
- Afrikaans fiction, Dogs--Fiction
- Abstract
Die liggaam is nie jou vyand nie, het hy begin. Ons leef dubbeld, die bewussyn en die liggaam, die een lewe is weggesteek in die ander een. Hulle is een, maar soms moet die een die knie voor die ander een buig... Die geheim lê by aanvaarding, aanvaar dat ons twee keer onsself is. Oplaas'n nuwe roman deur die bekroonde skrywer John Miles. In'n klein tuinwoonstelletjie sit en luister'n oudonderwyser een stormagtige aand na'n vrou wat met heimwee sing van'n rivier in'n ander land, van die verlies van'n vaderland, en van'n koesterende wêreld. Min weet hy wat wag op hom die volgende dag... Dat die verlede'n manier het om jou spoor te volg, en jou te dwing terug na waar alles begin het. Op'n dag,'n hond is'n besinning oor die vervlietendheid van die menslike bestaan en weerspieël eindelik'n merkwaardige insig in die mens se lot. Dit is'n aangrypende roman en word, soos altyd, gekenmerk deur Miles se aweregse humor.
- Published
- 2016
38. Brandwaterkom
- Author
-
Alexander Strachan and Alexander Strachan
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Bekroon met die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd. Esther van Emmenes het nie die bakkie hoor stilhou nie. Sy loop heeltemal ingedagte tussen die ou grafstene in die Fouriesburgse begraafplaas rond. Soekend. Sy is dikwels in die begraafplaas. Dit is waarom sy op dié Vrystaatse dorpie kom woon het, om naby die bronne vir haar navorsing te wees. Veral naby die Brandwaterkom te wees, want dit is waar kommandant Fanie Vilonel in die Anglo-Boereoorlog die oorgawe van meer as vierduisend Boerekrygers bemiddel het. Dis na sý spore dat sy soek, Vilonel s'n. Dan hoor Esther die bakkiedeur klap; sy kyk verskrik om. Deur die hek van die begraafplaas kom'n man aangeloop.'n Onbekende man. Hy sê hy wil haar iets wys wat vir haar navorsing baie sal beteken... Alexander Strachan se Brandwaterkom is'n dubbelloop-roman:'n bloedstollende oorlogsverhaal én'n diepsnydende ondersoek na die verraderlike manier waarop verhale met ons op loop gaan. Met verbluffende vernuf trek Strachan albei snellers gelyk.
- Published
- 2015
39. It Might Get Loud
- Author
-
Ingrid Winterbach and Ingrid Winterbach
- Subjects
- Interpersonal relations--Fiction, Psychological fiction, Afrikaans fiction
- Abstract
After a disturbing call from a certain Josias Brandt, Karl Hofmeyr departs for Cape Town to help his brother, Iggy, who is apparently running amok. On this journey Karl – hard-core heavy-metal fan – valiantly contends with inner demons as well as outer obstacles. Meanwhile, in an attempt to fend off a beleaguering emptiness, Maria Volschenk embarks on a journey to understand her sister's search for enlightenment... and her subsequent death. These two narratives converge on a highly unconventional city farm, where Iggy is locked in a bitter duel with the inscrutable Brandt fellow, under the laconic gaze of Maria's friend Jakobus. Die aanspraak van lewende wesens, the original Afrikaans version of It Might Get Loud, won five major literary awards: the M-Net Award, the University of Johannesburg Literary Prize, the Hertzog Prize, the WA Hofmeyr Prize and the Great Afrikaans Novel Prize.
- Published
- 2015
40. Gam se tjind (Aubrey Cloete)
- Author
-
Earl Basson
- Subjects
Afrikaans fiction ,Afrikaans literature ,South African literature ,Aubrey Cloete ,African languages and literature ,PL8000-8844 - Published
- 2020
- Full Text
- View/download PDF
41. "Colonial Botany": Conservationists and Orchid Hunters in Popular Afrikaans Fiction Set in the Congo (D.R.C.) and Central Africa from 1949-1962.
- Author
-
Beer, Linde
- Subjects
- *
AFRIKAANS fiction , *JUNGLES , *BOTANISTS , *PLANT collecting , *LEOPARD - Abstract
In this article I focus on the use of botanical tropes in Die jagters van Bloedeiland (1958), a popular fiction text from the colonial era set in the Congo (D.R.C.). It forms part of the adventure series Die Swart Luiperd (1949-1962), whose titular hero is a white Afrikaner dressed in a black leopard costume. His mission is to guard the tropical jungle against "outsiders" who attempt to access the treasures of Africa. Amongst these are European botanists, whose feverish exploration of "undiscovered" plant species – reminiscent of the "orchid hunting" of the Victorian era – renders them vulnerable to abduction by hostile indigenous tribes. The Black Leopard is portrayed as a particular brand of conservationist figure: the white Afrikaner "insider" hero who has an intimate knowledge and love of Africa, and adheres to a strict moral code. While this series represents Africa as both rich (evoking the "Eldorado" trope), and "dark" in the Conradian sense, its hero is unambiguously noble. In his aversion for Western civilisation and love of the wild the Black Leopard may seem to embody the perfect balance between "whiteness and wildness" (see Leon de Kock 2006), but his idealised characterisation firmly roots him in the prevailing Afrikaner nationalism of the era. [ABSTRACT FROM AUTHOR]
- Published
- 2019
- Full Text
- View/download PDF
42. Kamphoer
- Author
-
Francois Smith and Francois Smith
- Subjects
- Women in war--Fiction, War crimes--Fiction, Afrikaans fiction, Women--Violence against--Fiction, World War, 1914-1918--Women--Fiction, South African War, 1899-1902--Concentration camps--Fiction
- Abstract
Dit is die Eerste Wêreldoorlog. In'n Britse militêre hospitaal staan Susan Nell voor die deur van een van die private sale. Op die deur is'n enkele naam aangebring. Sy ken daardie naam. Sestien jaar tevore, in een van die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekampe, het daardie naam soos'n liddietbom in haar lewe gebars. Sy lig haar hand om die deur oop te maak, maar dit bewe so dat sy die knop nie vasgevat kry nie. Sy moet dit doen. Sy is'n psigiatriese verpleegster en dit is haar taak om getraumatiseerde soldate terug te bring na die lig. Maar as daardie soldaat die een is wat sestien jaar tevore met sy heupe alle lig uit jou gestamp het...? Susan Nell se hand word loodswaar. Iets soos'n warrelwind ruk deur haar. Sy wankel op die drumpel tussen lewe en dood. Kamphoer is die ware verhaal van'n vrou wat gedurende die Anglo-Boereoorlog wreedaardig verkrag en vir die aasvoëls gegooi is. Met die hulp van'n reeks weldoeners ontsnap sy aan die kloue van die dood en wy sy uiteindelik haar lewe aan die genesing van presies die soort trauma waaraan sy onderworpe was. En in die proses word sy teruggestamp in'n bomkrater wat sy geglo het lank reeds toegegroei het en veilig bedek was. In Kamphoer word die weerbarstigheid van die menslike gees opgeweeg teen die ewe blywende invloed van trauma. Dit is'n sielkundige riller wat jou tot op die laaste bladsy in sy yskoue greep sal hou.
- Published
- 2014
43. Monument
- Author
-
Maretha Maartens and Maretha Maartens
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Margo Diederichs kom op die Vrystaatse dorp Winburg vrede maak met die ma wie se stryd sy nooit verstaan het nie. Vier jaar lank het Margo gaan heel word in Israel, maar nou moet sy die kompleksiteit van haar herkoms en identiteit kom uittorring. Haar tyd op Winburg raak'n ontdekkingstog deur die dorp se verlede en haar eie verbintenisse daarmee. Sy kyk saam met die vroue van 1901 in die naghemel op na die Groot Komeet met die V in sy stert. Sy verken bywonerstentedorpe ná die Anglo-Boereoorlog. Die liefde en haat, die geloof en die diepste geheime van vier geslagte vroue van wie sy afstam, kom aan die lig in die Winburgse huis waaroor die aartsengelhond Michael snags waak. Margo stol voor die monument wat haar ma se buurvrou en dié se seuns ná'n plaasmoord gebou het. Sy hoor die hart van haar ma se oppasster, wie se grootjie in'n swart konsentrasiekamp was. Ook daar sien Margo monumente.'n Man wat haar aan Kipling se alleenkat herinner, veroorsaak dat haar besluit oor waar sy hoort — in die land van haar voorouers of in Israel by haar geliefde Yachin? – nie meer so maklik is nie. Monument is feitefiksie. Dit is'n verhaal rondom die Vrouemonument in Bloemfontein en ander monumente van klip en marmer. Maar ten diepste wys dié roman na die onvernietigbare monumente wat Suid-Afrikaners al die afgelope 100 jaar in mekaar se menswees bou. Monument vertel van die meesterbouers, die vroue van Sentraal-Suid-Afrika.
- Published
- 2013
44. Ys (Rudie van Rensburg)
- Author
-
Neil van Heerden
- Subjects
Afrikaans fiction ,Afrikaanse prosa ,African languages and literature ,PL8000-8844 - Published
- 2019
- Full Text
- View/download PDF
45. Die laksman se dogter (Gerda Taljaard)
- Author
-
Neil van Heerden
- Subjects
Afrikaans fiction ,Gerda Taljaard ,Die laksman se dogter ,African languages and literature ,PL8000-8844 - Published
- 2019
- Full Text
- View/download PDF
46. Liefde in die tyd van die internet (Fransi Phillips)
- Author
-
Martina Vitackova
- Subjects
Afrikaans fiction ,Fransi Philips ,African languages and literature ,PL8000-8844 - Published
- 2019
- Full Text
- View/download PDF
47. The representation of Islam in Afrikaans literature.
- Author
-
ROOS, HENRIETTE
- Subjects
ISLAM ,AFRIKAANS literature ,LITERARY form ,STEREOTYPES ,AFRIKAANS poetry ,AFRIKAANS fiction ,INTERNATIONAL relations - Abstract
The portrayal of Islam in Afrikaans literature, whether by canonised authors or those writing from various marginalised sites, forms the essence of this research report, which has been motivated by an interest in the colonial connection between South Africa and an Islamitic country such as Indonesia. A historical context is presented, but the focus falls on Afrikaans texts published since the mid-twentieth century, and the presence of, challenges to and the undermining of long existing stereotypes. Works by various authors (canonised, marginalised, Islamic and non -Islamic) from different genres (novels, children’s literature, short stories, poetry, etc.) are included. In discussing these different texts, the conclusion is that the presence and representation of Islam in Afrikaans are much more widespread, diverse and ambigious than might have been expected. [ABSTRACT FROM AUTHOR]
- Published
- 2019
48. Alles begin met Anna (Annamari Coetser)
- Author
-
Loraine Prinsloo
- Subjects
Annemari Coetser ,Afrikaans fiction ,Afrikaanse roman ,African languages and literature ,PL8000-8844 - Published
- 2018
- Full Text
- View/download PDF
49. Dwaalpoort
- Author
-
Alexander Strachan and Alexander Strachan
- Subjects
- Afrikaans fiction, Adventure stories, Family farms--Fiction
- Abstract
Dwaalpoort is'n ou KwaZulu-Natalse familieplaas, geslagte reeds bekend om sy veekuddes, osse wat jaar na jaar rekordpryse op vendusies behaal. Maar ook om sy sonderlinge wit hartbeeste,'n trop wat reeds aan dié wêreld se vroegste inwoners bekend was. Rentia het Dwaalpoort van haar pa geërf, en die plaas word nou deur haar man, Henning, bestuur. Ook op die plaas is die wildvanger en oudsoldaat Bullet. Hy was Rentia se pa se regterhand en voorheen haar minnaar. Dit is'n ongemaklike saambestaan in'n krisistyd in die plaas se geskiedenis. Strachan laat elkeen van die betrokkenes by dié sleutelgebeure op Dwaalpoort daarvan vertel, en hul stemme is op sigself dwalende spore wat uiteindelik en noodwendig rigting kry na die laaste donker poort. En dit is asof die stemme harmonieer in'n soort dodemars – die musiek van'n era wat verbygaan. Terwyl dit alles voltrek word, staan die silhoeët van Mhlophe afgeëts waar hy op die platorand oor Dwaalpoort neerkyk, soos wat hy eeue reeds doen. Met Dwaalpoort kry Strachan die magiese mengsel reg: op die oppervlak is sy verhaal'n volkome genietbare en onmiddellik toeganklike verhaal van lus en liefde en geweld en geheimenisse. Dáárby is dit'n uiters stimulerende besinning oor menslike reaksies op'n verkrummelende bestel.
- Published
- 2010
50. Travelling Stories: Selling Translation Rights of Afrikaans Fiction to Dutch Publishers.
- Author
-
Buitendach, Samantha and Le Roux, Elizabeth
- Subjects
- *
PUBLISHING , *LINGUISTIC minorities , *AFRIKAANS fiction , *AFRIKAANS language , *TRANSLATIONS , *LITERARY agents , *BOOK industry - Abstract
Publications in minority languages have a very limited audience. Their reach can be extended through the sales of translation rights. This article reports on the results of an exploratory study conducted on the selling of translation rights of Afrikaans fiction to Dutch publishers [
3 ,5 ,9 -11 ,22 ]. Using case studies of two bestselling Afrikaans authors, we identified a set of non-literary factors influencing the selling of translation rights from a South African trade publisher’s perspective. Attention is paid to the criteria for selecting books with translation rights potential. This area of publishing is still in its development stage in South Africa, and a lack of human resources, financial resources and support infrastructure are evident. These factors inhibit the visibility of Afrikaans literature world-wide. However, it is argued that awareness and training in this field, as well as revised strategies, could extend the reading and buying market of Afrikaans popular fiction authors over time. [ABSTRACT FROM AUTHOR]- Published
- 2018
- Full Text
- View/download PDF
Catalog
Discovery Service for Jio Institute Digital Library
For full access to our library's resources, please sign in.