186 results on '"Dros"'
Search Results
2. VEILINGSNUUS.
- Published
- 2022
3. Wraak trek oor die Sahara
- Author
-
Sandbergh Beyers, Pieter Haasbroek, Sandbergh Beyers, and Pieter Haasbroek
- Abstract
WRAAK TREK OOR DIE SAHARA - SAHARA WOESTYN REEKS Wraak trek oor die Sahara deur Sandbergh Beyers is'n dramatiese verhaal vol aksie, intrige, en oorlewing wat afspeel in die genadelose Sahara-woestyn. Tex,'n cowboy uit Texas, sluit aan by die Franse Vreemde Legioen met een doelwit. Om wraak te neem op Kaptein Sturmer,'n genadelose voormalige Duitse offisier wat sy broer tydens die Tweede Wêreldoorlog vermoor het. Tex moet die harde lewe van die Legioen trotseer, waar intense hitte, uitmergelende marsse, en dodelike gevegte met Arabiese krygers aan die orde van die dag is. Hy word genader deur mede-legioensoldate om saam met hulle te dros, maar aanvanklik weier hy. Later dwing die omstandighede hom om sy besluit te heroorweeg wanneer hy en sy groep betrokke raak by die redding van'n beeldskone jong vrou met geheime wat die verloop van hul vlug dramaties verander. Die verhaal bereik'n kookpunt wanneer Tex en sy makkers hulself in lewensgevaarlike situasies bevind. Hulle moet skermutselings met Arabiese krygers oorleef, die verraad van hul eie mense hanteer, en uitvind wie hulle kan vertrou. Intussen kruip Tex al hoe nader aan sy ontmoeting met Kaptein Sturmer,'n berugte figuur wat nou saam met'n groep gevaarlike partygangers deur die woestyn dwaal. Die spanning styg namate'n komplekse web van intrige ontvou, geheime ontsnappingsroetes, die stryd om oorlewing teen natuurlike elemente, en konfrontasies tussen goeie en bose magte in die woestyn. Sal Tex daarin slaag om sy broer se dood te wreek, of sal die woestyn sy einde beteken? Hierdie meesleurende avontuur is vol verrassings, onverwagte bondgenootskappe, en die mens se stryd teen uiterste omstandighede.'n Verhaal wat jou vasgenael sal hou tot die laaste bladsy!
- Published
- 2024
4. Middeleeuse ampsperspektiewe en die ontwikkeling van die Protestantse versetleer in die sestiende eeuse Duitse politieke denke, 1531-1550.
- Author
-
Raath, A. W. G.
- Abstract
Manegold of Lautenbach’s tract Liber ad Gebehardum (c. 1085) was a response to the excommunication of Henry IV by Gregory VII. Under the heading Quod rex non sit nomen nature, sed vocabulum officii, Manegold considers the issue of kingship, tyranny and resistance to oppression. Manegold maintains that although all honour is due to the office of king, kingship, like ecclesiastical powers is only the name of an office. When the person appointed to a specific office is put out of office, he is no longer what he was, and the honour due to the office is not to be paid to him. Whoever pays him the reverence due to his lost office is rather a transgressor than the keeper of the laws; whereas if he commands that which is against the Lord, he is by no means to be obeyed, but rather to be resisted with all freedom. The apostle who bade all to obey the powers, chose rather to die than yield to Nero, thus teaching us by his example that when we cannot obey God and the secular power, we should obey God rather than men. Manegold’s emphasis on the powers of rulers attached to their respective political offices and not to their persons, resounded through the history of political thought. Some of his ideas surfaced in the Lutheran struggle against tyranny. Justus Menius (1499-1558) advanced the notion that self-defense is a form of legitimate resistance to the exercise of tyrannical power by political rulers. His views together with those of Manegold and other Medieval authors shaped the contents of the Magdeburg Confession (1550). By the time the Confession was drafted, Nicolaus von Amsdorff (1483- 1565) and other Lutheran pastors had linked the duty to resist tyrannical rulers to the idea of office - thereby drafting the outlines of a doctrine that served as a platform for resisting rulers exceeding the limits of their political authority. [ABSTRACT FROM AUTHOR]
- Published
- 2023
5. Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en Willem Botha.
- Author
-
van Sterkenburg, Piet
- Published
- 2022
- Full Text
- View/download PDF
6. Droster in Algerië
- Author
-
Johan Nel, Pieter Haasbroek, Johan Nel, and Pieter Haasbroek
- Abstract
DROSTER IN ALGERIE - VREEMDELEGIOEN VERHAAL Tydens straat onluste in Beiroet word die tienjarige Ismael se ouers deur een van die fanatiese vegters wreed met'n kromsabel doodgemaak. Hy aanskou dit alles vanuit'n skuiling en sweer weerwraak op die man met een van sy voete wat heelwat korter is as die ander. As jong man in die Israelse vloot sien hy een aand in'n Noord-Afrikaanse stad, dieselfde man weer raak waarop hy sy wraak wil afkoel. Hy kry egter nie geleentheid om hom om die lewe te bring nie, maar hy sien egter dat die man nou in die Franse Vreemdelegioen is. Ismael dros uit die Israel se vloot en gaan sluit hom ook aan by die Franse Vreemdelegioen, in die hoop om die man daar raak te loop. Tydens'n operasie in Vietnam word Ismael deur skrapnel getref en beland hy in die hospitaal. Daar ontmoet hy die nooi van sy drome, maar sien terselfdertyd ook sy gehate vyand in'n bed,'n entjie van hom af. Weens sy seer been kan hy niks doen nie, maar die verpleegster help hom om meer uit te vind van sy gehate vyand. Terug in die Vreemdelegioen word Ismael op'n volgende sending gestuur, waar hy al sy makkers verloor en dan daag hy op by'n ander afdeling van Legioensoldate. Daar kry hy uiteindelik sy kans na tien lang jare van soek, om sy wraak af te koel en die bloed van sy ouers te wreek. Weens sy drostery uit die Israelse vloot en Vreemdelegioen word hy kort daarna deur die regering gearresteer en moet'n regter oor sy lot beslis.
- Published
- 2021
7. Amraal
- Author
-
Marinda van Zyl and Marinda van Zyl
- Abstract
Amraal is in 1774 op die plaas Holkrans in die Olifantsriviervallei gebore. Kleintyd is hy en die boerkinders maats. Later bedrieg en beledig hulle hom. Sy werkgewer mishandel, misbruik hom. As lied van Corps Vrije Hottentotten onsnap hy aan die inboekstelsel. Nà die Britse inval by Blaauwberg, dros hy. Met sy vrou en babaseuntjie en enkele ander familielede trek hy noord, na die Gariep. Daar jag hy olifante en word hy mettertyd as regverdige, vredeliewende leier bekend. Onder Amraal se kapteinskap trek mede-Oorlams, Namakwas en Damaras saam. Hy steun die magtige Rooivolk, bemiddel tussen twistende volksgroepe en buig telkens voor beterweterige sendelinge die knie. Altyd besorg oor sy naaste, bewaar kaptein Amraal die vrede tuis. Sy verhouding met sy eerste vrou, Hanna, ʼn dogter van die befaamde Afrikaner-clan, verdiep gaandeweg. By sy sterfbed, in 1864, waak die onverskrokke, trotse Baster Trien. Maar op negentig is dit steeds Klara, sy eerste liefde, wat hom agtervolg. Amraal is ʼn epiese historiese roman. Die lewe van kaptein Amraal Lambert bied ʼn kykie in die vroeë Kaapse koloniale tyd, in die volstrek van die Khoi-Khoin en in die ongenaakbaarheid, in die 19de eeu, van die wêreld wat ons vandag as Namibië ken.
- Published
- 2016
8. Die kremetartekspedisie
- Author
-
Wilma Stockenström and Wilma Stockenström
- Abstract
Die verhaal is gesitueer in die tyd van die Portugese ontdekkingsreise na Indië. Die verteller is'n ou slavin wat verslag lewer van haar bestaan vandat sy as jong meisie gevange geneem is, agtereenvolgens deur drie eienaars besit (o.m. in'n hawestad aan die ooskus van Afrika) en daarna deur'n vierde man op'n ontdekkingsreis deur Afrika geneem is. Eers dros die res van die geselskap en daarna sterf die man en bly die slavin alleen agter. Sy woon uiteindelik in'n kremetartboom waar sy deur klein mensies versorg en aanbid word en in haar ouderdom in verlatenheid versink. Hierdie belangrike Afrikaanse roman is reeds in verskeie ander tale gepubliseer, o.m. in Engels (in Engeland en Amerika), vertaal deur J.M. Coetzee.
- Published
- 2013
9. 'n Ondersoek na die verskynsel van drostery vanaf Tenterden Plek van Veiligheid en Bewaring, met verwysing na maatskaplike werk perspektiewe in hierdie verband
- Author
-
Fitschen, Elizabeth, Moss-Morris, Val, and Smit, Andre de V
- Subjects
Clinical Social Work ,GeneralLiterature_REFERENCE(e.g.,dictionaries,encyclopedias,glossaries) ,Children - Institutional care - South Africa - Cape Town - Abstract
Includes bibliography., Die navorser het gepoog om vas te stel of drosgedrag in assosiasie met sekere veranderlikes plaasvind, dus of daar tendense bestaan. Die veranderlikes van belang vir die maatskaplike werk professie het voorkeur gekry in die studie. Die doel hiervan was om aan te toon dat hierdie professie 'n rol kan speel ten opsigte van hierdie gedrag. Die studie is beperk tot een inrigting, naamlik 'n plek van veiligheid. Tendense oor 'n 10 jaar tydperk, 1980-1989, is bestudeer sodat moontlik ook die invloed van personeelaangeleenthede en verskille in die bestuur van die inrigting indentifiseer kan word. Die data is vanuit argiefrekords, soos die persoonlike leêrs, straf-, opname-, en drostersregister, verkry. Ongestruktureerde onderhoude met die personeel het addisionele inligting verskaf. Oor sekere van die data is gegewens van die totale drosterpopulasie oor 10 jaar ingewin (N=492). Ander gegewens is vanuit die beskikbare persoonlike lêers (nl=413) verkry. Nie alle lêers het die verlangde gegewens beskikbaar gehad nie, en vir sekere gegewens is data vir kleiner groepe drosters ingewin. Hierdie gegewens is getabuleer, en waar van toepassing, is van grafieke of histogramme gebruik gemaak. Uit die resultate kon die volgende afgelei word: die omvang van die probleem is wyd en regverdig navorsing. 'n Hӧer drossyfer word in die maande van Februarie, Maart en November gevind. Daar is nie 'n tendens om op sekere dae van die week meer as ander dae te dros nie. Die meeste drosters dros binne 'n kort tyd na opname, en dros dan slegs enkele male van korte duur. Meer seuns dros as dogters. Die meeste drosters val binne die ouderdomsgroep 14-16 jaar en hierdie groep is ook vir die hoogste aantal drosinsidente verantwoordelik. Die meerderheid drosters dros in groepe, en in die geselskap van 'n ervare droster wanneer hulle die eerste maal dros. Die meeste drosters het 'n geskiedenis van wegloop- of drosgedrag. Die I.K. van drosters is ietwat laer as die van die normale bevolking, en hulle is ook meestal skolasties vertraag. Die meeste drosters meld mees gereeld hulle ongelukkigheid by die veiligheidsplek as 'n rede vir dros. Daar word tydens drosinsidente meestal huiswaarts gedros. Uit die resultate kon dus afgelei word dat, hoewel drosters waarskynlik ook emosionele probleme het, omgewingsfaktore 'n rol speel by drostery. Die belangrike implikasie van die bevinding is dat drostery deur omgewingsmanipulasie verminder behoort te kan word, en dat die maatskaplike werk professie 'n belangrike rol in die opsig kan speel.
- Published
- 1990
10. Rang in der Staten rij.
- Author
-
Naudé, Louis
- Published
- 2012
11. Skaduwee oor die Sahara
- Author
-
Sandbergh Beyers, Pieter Haasbroek, Sandbergh Beyers, and Pieter Haasbroek
- Abstract
SKADUWEE OOR DIE SAHARA - SAHARA WOESTYN REEKS'Skaduwee oor die Sahara'deur Sandbergh Beyers is'n opwindende avontuurverhaal wat afspeel in die ongenaakbare Sahara-woestyn. Die verhaal begin met die ontdekking van die geheimsinnige, verlate dorp Haloesa, wat eens'n lewendige handelspost was. Nou is daar slegs stilte en die spore van'n eens florerende gemeenskap.'n Karavaan van handelaars wat die woestyn trotseer, kom op hierdie raaiselagtige plek af en voel dadelik die onheilspellende atmosfeer wat die dorp omhul. Hulle ontdek leidrade wat dui op iets buitengewoon gevaarlik en oorweldigend. Terselfdertyd volg die verhaal drie dapper soldate van die Franse Vreemdelegioen,'n diverse span van uiteenlopende agtergronde, wat op soek is na uraan,'n waardevolle bron wat hulle hoop sal hul drome van rykdom vervul. Hulle pad kruis egter met plaaslike rebelle wat vasbeslote is om hul missie te ontspoor. Terwyl hulle deur die woestyn navigeer, word hulle gedwing om hul vaardighede en oorlewinginstinkte te gebruik teen die wrede natuur en die vyandige magte wat op hul spoor is. Die raaisels van Haloesa en die spanning van die soldate se reis word verweef in'n storie wat beide avontuurliefhebbers en speurders na geheime sal aanlok. Wat het gebeur met die inwoners van Haloesa? Is dit'n bonatuurlike gebeurtenis, of lê die antwoord in die donker dieptes van menslike intrige? Sal die soldate die oorlewingslis hê om hul missie te voltooi en die waarheid oor die dorp te ontdek?'Skaduwee oor die Sahara'is'n boeiende verhaal van oorlewing, misterie en moed, wat jou op'n onvergeetlike reis neem deur een van die wêreld se mees genadelose omgewings.
- Published
- 2024
12. Skoolbeheer II: Nog uitdagings en praktiese raad 2e
- Author
-
Deacon, J and Deacon, J
- Abstract
Nog uitdagings en praktiese raad Na die sukses van Skoolbeheer: Antwoorde op alledaagse uitdagings, delf die tweede uitgawe dieper in die verwikkelde aspekte van skoolbeheer deur gesaghebbende, realistiese, en praktiese oplossings vir skoolbeheerliggame, skoolhoofde, opvoeders, en ouers te bied. In hierdie onskatbare hulpbron, gee die ervare skrywers aandag aan elf sleutelareas aan wat van deurslaggewende belang is vir effektiewe skoolbeheer. Van die funksionering van beheerliggame tot risikobestuur en aanspreeklikheid, finansiële bestuur van die skool tot eiendom en koshuise, dissipline tot buitekurrikulêre aktiwiteite, word elke onderwerp noukeurig ondersoek en en word kundige leiding gebied wat gebaseer is op werklike probleme wat deur skoolbeheerliggame en -bestuurders ondervind word.
- Published
- 2023
13. Wraak van die Sabel
- Author
-
Meiring Fouche, Pieter Haasbroek, Meiring Fouche, and Pieter Haasbroek
- Abstract
WRAAK VAN DIE SABEL - SAHARA AVONTUUR REEKS Teuns Stegmann se broer is gedurende die Tweede Wêreldoorlog in die Sahara woestyn afgeskiet deur ʼn Duitser in sy vegvliegtuig. Dit is dan ook die hoofrede hoekom Teuns aangesluit het by die Franse Vreemdelegioen in die Sahara woestyn. Hy is op soek na sy verlore broer en het daarom sy pragtige wynplaas in die Heksvallei tydelik daarvoor opgegee. Terwyl hy en sy getroue makkers in ʼn restaurant saam ʼn drankie geniet in Algiers, tydens hulle kort verlof, daag daar ʼn geheimsinnige korterige mannetjie op. Hy vra om alleen met Teuns te gesels, maar sy kamerade waarsku hom daarteen. Hy deel Teuns die skokkende onthulling mee dat sy broer nog lewe en dat hy bereid is om hom na sy broer te neem, want sy broer het hom opdrag gegee om na hom wat Teuns is, te soek. Hy kry dit reg om vir Teuns te oortuig met iets wat vir Teuns uiters kosbaar is. Teuns besluit toe om te gaan vra vir spesiale verlof sodat hy die mannetjie kan vergesel, maar Fritz Mundt het ander planne en veroorsaak ʼn dodelike geveg in die kroeg. Dit is Arabier teen Legioenman en die vuiste klap behoorlik. Die manne veg vir hulle lewe en toe die polisie opdaag, kom hulle met ʼn skok agter dat Teuns spoorloos verdwyn het. Teuns bevind hom in die mag van ʼn skurk en drie van sy trawante wat aan hom die keuse stel. Besorg aan ons die Sabel van Doetra wat miljoene rande werd is en wat Teuns lank terug in ʼn oase versteek het, of sy broer sterf. Teuns se hande en voete word geboei en toe hulle by die oase in die woestyn opdaag, moet Teuns vir hulle die Sabel opspoor. Teuns probeer hulle aan ʼn lyntjie hou vir solank hy kan, want hy probeer so tyd wen om ʼn plan te kan maak vir ʼn moontlike ontsnapping. Intussen kry hy dit reg om die skurke op ʼn baie slim manier teen mekaar te laat draai en dit veroorsaak dat die een na die ander uitgeskakel word. Net toe Teuns meen hy het ʼn kans om te kan ontsnap, daag daar ongeveer 300 Doelaks op die toneel, aan wie die swaard van Doetra behoort en hulle Sjeik maak dit onmoontlik vir Teuns om te kan ontsnap. Hulle het egter nie rekening gehou met die dapperheid en vindingrykheid van die lang, blonde Suid-Afrikaner nie. Hy kom vorendag met ʼn fantastiese plan wat, as alles haarfyn uitwerk soos hy beplan het, dan het hy maar ʼn skraal kans om weg te kom met sy lewe, maar hy is desperaat en hierdie mag sy laaste kans wees. Teuns doen toe iets uiters ongewoon en toe die Doelaks dit agterkom en op hom wil toeslaan, toe speel hy sy laaste troefkaart...
- Published
- 2022
14. Heks van die Sahara
- Author
-
Meiring Fouche, Pieter Haasbroek, Meiring Fouche, and Pieter Haasbroek
- Abstract
HEKS VAN DIE SAHARA - SAHARA AVONTUUR REEKS Die boek handel oor Teuns Stegmann,'n Suid Afrikaner, wat aangesluit het by die Franse Vreemdelegioen in die Sahara woestyn, om so die dood van sy broer te probeer wreek, wie se vegvliegtuig afgeskiet is in die Sahara woestyn, gedurende die Tweede Wêreldoorlog. Sy verhaal begin waar'n manskap van die Vreemdelegioen'n aanval deur Arabiere in die woestyn oorleef. Hy praat van'n wit vrou wat blykbaar die aanvoerder van die aanval op die Franse patrollie was. Kolonel Le Clerq van fort Dini Salam besluit om dadelik iets daaraan te doen. Hy stuur toe sy getroue kaptein D'Arlan saam met tweehonderd man, waaronder Teuns en sy makkers val, om die sogenaamde wit heks se mag in die Atlasgebergte te gaan breek, voor sy te veel Franse bloed op haar hande het. Baie gou beland die patrollie egter in ernstige moeilikheid. Hulle word vasgekeer deur die Doelaks in die woestyn, sonder'n druppel water om te drink. Asof dit nie erg genoeg is nie, moet hulle later in'n radioaktiewe Uraanmyn gaan werk. Af en toe word van die manne daar gestuur na die Berg van die Arende toe... Gaan Teuns se vindingrykheid saam met D'Arlan wat beskou word as die Houdini van die woestyn, hulle uit die penarie red? Lees gerus die opwindende verhaal en vind self uit.
- Published
- 2022
15. Veldhospitaal 12
- Author
-
Marinda van Zyl and Marinda van Zyl
- Abstract
Toe briewe en'n dagboek in'n koekblik op die solder van die ou plaashuis gevind word, ontdek Jurgens en Susan Schoeman hulle is die nasate van die Duitser Helmut Schumann. Helmut,'n negentienjarige mediese student, moes van 1905 tot 1907 in die veldhospitaal vir Herero- en Namagevangenes in Lüderitzbucht werk. In pleitbriewe aan sy ma en die huishoudster, Grete dokumenteer hy sy wroegings en liefdeskapades, maar veral die onmenslike omstandighede waaronder hy moet werk.
- Published
- 2021
16. Vlam van die Laeveld
- Author
-
Braam le Roux, Dewald Brink, Pieter Haasbroek, Braam le Roux, Dewald Brink, and Pieter Haasbroek
- Abstract
VLAM VAN DIE LAEVELD - WOESTE LAEVELD REEKS Weet u dat Suid-Afrika ook sy eie, egte “cowboy”-tydperk gehad het...? Hier is dit in aksiebelaade stories! Dit was in die dae toe vroue “skaars en duur artikels” was. Toe wilde avonturiers uit die buiteland in honderdtalle die land binne gekom het en toe vee-smokkelaars en diewe met goud, sterk drank en blitsende rewolwers dikwels'n hele gemeenskap regeer het. In die wilde, woeste Oos-Transvaal, waar die eerste groot goudontdekkings in Suid-Afrika gemaak is, het hierdie dinge gebeur. Daar was vurige, hartstogtelike meisies, soos Juanita, wat bereid was om siel en liggaam op te offer aan die man wat hulle lief gekry het. En daar was kêrels soos Johan Grimbeek, met sy kalme, deurvorsende blik en sy sagte gespierde tred. Wat meedoënloos, honderde myle ver op die spoor van'n moordenaar sal bly soek en vra en luister totdat hy hom opspoor, en dan spring die rewolwer aan sy sy blitsvinnig in aksie, “vinniger as wat'n mamba kan pik...”'n Man wat selfs nie deur die wildste en roekeloosste liefde van'n meisie van die spoor afgelei kan word nie... Hierdie verhaal is'n merkwaardigste, romantiese spanningsverhaal wat nog in Afrikaans gepubliseer is.
- Published
- 2021
17. Die Poort van Trane
- Author
-
Braam le Roux, Dewald Brink, Pieter Haasbroek, Braam le Roux, Dewald Brink, and Pieter Haasbroek
- Abstract
DIE POORT VAN TRANE - WOESTE LAEVELD REEKS In die woeste bosveld van Oos-Transvaal het'n meisie verlore geraak. Sy bevind haar in'n gebied wat wemel van roekelose fortuinsoekers, beesdiewe en smokkelaars. Daar is'n tragedie verbonde aan haar wegraak en'n groot prys word uitgeloof aan die man wat haar lewendig kan terugbring. Deur die kragte van die noodlot word'n man op haar spoor uitgestuur.'n Man wat'n diepe wrok in sy hart het.'n Man wat weke en maande lank al soek en soek en soek, nie na die vermiste meisie nie, maar na iemand teenoor wie hy al sy kille en verbete wraaklus sal afkoel, indien hy hom ooit opspoor. Hy soek na'n moordenaar... en dan loop hy'n meisie raak wat hom laat wonder of sy nie dalk die geheimsinnige, “vermiste kleindogter van Oom Lodewyk Malan” is nie. Sy is self in hewige, asemrowende avonture betrokke. Hy kry dit reg om haar daaruit te red, maar dan kom hy te staan teen'n vyand, so magtig en roekeloos soos die woeste Laeveld nog nooit geken het nie. Selfs teen hom is hy egter opgewasse. Hierdie man van staal en soepele krag, wat'n rewolwer kan hanteer, vinniger as wat weerlig kan slaan. Johan Grimbeek, is die held van die verhaal, wat hom daarop toelê om die Laeveld, oorstroom deur fortuin soekers sedert die ontdekking van goud in 1870, weer skoon te maak...
- Published
- 2021
18. Vonnis van die Berge
- Author
-
Braam le Roux, Dewald Brink, Pieter Haasbroek, Braam le Roux, Dewald Brink, and Pieter Haasbroek
- Abstract
VONNIS VAN DIE BERGE - WOESTE LAEVELD REEKS In die woeste avonturiersdorp van Barberton, reik die landdros'n lasbrief uit vir die arrestasie van Johan Grimbeek, op aanklag van moord en roof. Sake lyk baie donker teen Grimbeek, maar die noodlot bewerk dit so dat as hy'n sekere perd in die hande kan kry,'n perd wat wild in die berge groot geword het, hy sy onskuld sal kan bewys. Hy vlug voor die landdros se manne uit en gaan die berge binne, om die perd te probeer vang. Dit is'n prag van'n dier en ratser as'n wildsbok... Maar voordat Grimbeek na die berge toe gaan, word hy op gesoek deur'n meisie. Sy weet dat Grimbeek nog al die tyd soek na'n spesifieke man,'n skurk en moordenaar, met wie hy reeds twee maal in bloedige botsings betrokke was. Sy wil hom gaan help om hierdie man, Mario Perreira, op te spoor en wraak te neem. Met trane in haar oë en hartstogtelike woorde op haar lippe, soebat sy hom om haar saam te neem wanneer hy in die berge in ry, want sy het net een groot begeerte en dit is om hom te help en saam met hom wraak te gaan neem. Johan Grimbeek laat haar toe om saam te gaan, en baie dae en nagte bring hulle saam in mekaar se geselskap deur. In die tyd beleef hulle baie asemrowende avonture saam. Wanneer hy siek word, verpleeg sy hom, en wanneer sy lewe in gevaar is, help sy hom veg. Die landdros se manne is later kort op sy hakke, terwyl Mario Perreira weer voor hom in die berge is, besig met sy duiwelse planne om hom vas te trek... En intussen moet hy nog daardie ongelooflike ratse, wilde perd vang...
- Published
- 2021
19. Spore in die Dou
- Author
-
Braam le Roux, Dewald Brink, Pieter Haasbroek, Braam le Roux, Dewald Brink, and Pieter Haasbroek
- Abstract
SPORE IN DIE DOU - WOESTE LAEVELD REEKS Die bloedigste moord wat mens jou kan voorstel, vind op'n helder maanlig nag in die hartjie van die Woeste Laeveld plaas, maar dit is nie'n mens of mense wat vermoor word nie, dog onskuldige, redelose diere. Hulle word met woeste wreedheid na hulle dood gejaag, voortgedryf totdat hulle benoud bulkende oor'n duiselingwekkende krans afstort, om onder'n bloedpappery vir die aasvoëls te word. Maar'n geheimsinnige man, onbekend aan die wreedaards, is reeds op hulle spoor. Hy is'n “spesiale agent” van die regering, wat gestuur is om ondersoek in te stel na reusagtige bedrog by ondernemings daar in die goudryke Laeveld, deur skurke se streke, wat die goeie naam van die Suid-Afrikaanse Republiek deur die modder sleep.'n Man met'n rewolwer aan sy sy, wat hy so vinnig soos'n bytende mamba kan hanteer, bly meedoënloos op die skurke se spoor. Eers loop hy hom vas teen'n rooihaar nooi wat haar erg parmantig en vyandig hou, maar wanneer sy lewe in gevaar is, help en versteek sy hom in haar eie plaashuis. En dan eers besef sy dat al haar agterdog teen hierdie man, op wie sy al heimlik verlief geraak het, ongegrond is. Hulle twee ruk toe saam op na'n laaste, bloedige botsing met die onmenslike wreedaards.
- Published
- 2021
20. Beminde Verraaier
- Author
-
Braam le Roux, Dewald Brink, Pieter Haasbroek, Braam le Roux, Dewald Brink, and Pieter Haasbroek
- Abstract
BEMINDE VERRAAIER - WOESTE LAEVELD REEKS Deur die ruigtes beur Len van Staden heen tot op die oewer van'n groot rivier. Dit wemel daar van seekoeie en krokodille en in die ruigtes agter hom, is gevaarlike wilde diere... Skynbaar kom geen menslike wese ooit hier nie. En tog, daar aan die oewer van die breë, diep seekoeigat lê'n swaar pen vasgemaak! Dit is die pont wat deur die boewe gebruik word vir hulle nagtelike rowery. Len van Staden, met sy rewolwer bandelier stewig vasgegespe om sy heupe, staan roerloos stil om die betekenis hiervan te laat insink. Is sy eertydse boesemvriend dalk hierin gemoeid?. En dalk ook die meisie op wie Len eens op'n tyd verlief was. Hy staan en wonder wat moet hy nou verder moet aanvang? Dit is'n enorme probleem wat Len van Staden in die gesig staar. Hy het'n reuse-taak en'n reuse-probleem voor hom, om agter die waarheid te kom en reg en geregtigheid te laat seëvier. Die uitvoering van hierdie bittere taak, is die tema van hierdie verhaal, wat afspeel in die romantiese dae van die Woeste Laeveld, toe die geweer en rewolwer nog die wet voorgeskryf het en toe verraaiers sommer voor die voet aan bome opgehang was.
- Published
- 2021
21. Die Buiter
- Author
-
Gerrie Radlof, Pieter Haasbroek, Gerrie Radlof, and Pieter Haasbroek
- Abstract
DIE BUITER - DIE BUITER REEKS Lees gerus die opwindende verhale van ʼn man wat'n merkwaardige dubbele lewe gelei het. Hy word die Buiter genoem. Mense sien hom as die rykste edelman aan die Kaap, die oënskynlik ledige en verveelde graaf Jean de Moreaux. Daar is ook die mooi Rossouw-susters, Jacques, Pierre, Phillip en sy getroue staatmaker, Andre. Hierdie paar getroue vriende wat sy identiteit ken en hom nooit sal verraai nie, ken hom as ʼn onverskrokke waaghals wat'n onuitblusbare regverdigheidsin het. Die publiek sien die geheimsinnige Buiter as'n hoflike, adellike en kleurryke nagtelike ruiter. Hy is galant en word gevrees deur skurke. Tussen die hoë adellike kringe word hy hoog geag weens sy geld en status. In die nagtelike ure kom die Buiter uit die skaduwees. Dan het hy'n swart gewaad en masker oor sy gesig. Op die rug van'n swart trippelende hings is hy gewapen met ʼn swaard in sy hand,'n vlymskerp rapier in die skede van sy saalsak en met sy twee pistole gereed in sy lyfband, is hy reg om enige gevaar aan te durf. As jy mooi kyk sal jy teen die hange van Leeuwberg'n perd rats tussen bosse en struike deur sien vleg en soms meer as een, as die Buiter en sy bende uit is op jag. Hulle word nie gehoor nie en laat hulle ook nie keer nie. Die Buiter is sonder uitsondering op die toneel wanneer onreg gepleeg word en geen booswig ontsnap aan sy waaghalsige metodes van vergelding nie. Soos ʼn moderne Robin Hood beroof hy die oorryk, ydele hoëlui om aan die armes uit te deel of hulle bende gaan herstel onregte wat gepleeg is teenoor minderbevoorregtes. Dit is die era waar die klap van flitsende swaarde, pistoolskote en die donderende hoewe van talle perde in die nag gereeld gehoor kan word. Waar die gemeenheid en woordelose wreedheid van skurke met hul pofmoue en fluweel kniebroeke gesien kan word. Dit is die tydperk waar die aristokrasie heers en doen net wat hulle wil, tog kom hulle uiterlik voor as galante, buigende here van die Kaap. Wie egter verdruk of veronreg word deur die aristokrasie, moet gehelp word, maak nie saak hoeveel slotte, soldate of klipmure daar in die Buiter se pad is nie. Saam met sy vriende sluip hulle gereeld diep in die nag deur donker gangetjies, uitoorlê en oorrompel saam wagte en stuur hulle selfs die ewigheid in, as die noodlot dit so beslis. Hulle nagtelike ritte is altyd vol opwindende aksie, avontuur en vele gevare en nie lank nie dan spat die vonke behoorlik. In hierdie eerste Buiter verhaal reeks, word'n onskuldige man helder oordag uit die hof op Stellenbosch ontvoer deur die Buiter. Die gebeurtenis vind plaas nie lank nadat die graaf Paul de Moreaux in die Kaap opdaag nie. Vir Willa Rossouw wat ook ʼn onderonsie beleef met die Buiter is dit'n uitgemaakte saak. Die Buiter is'n man wat geen gewete of goeie hoedanighede het nie. En tog moet sy telkens agterkom dat sy die volle waarheid nie ken nie en dat die drama wat ontplooi word, veel ingewikkelder en veel gevaarliker is as wat enige iemand besef.
- Published
- 2021
22. Vin
- Author
-
Lien Botha and Lien Botha
- Abstract
Vin is die verhaal van kunstenaar-kurator Vin Verster se geleidelike greepverloor op haar skeppende en skikkende omgaan met kuns, haar verhouding met haar argeoloog-man, en haar vermoë om in SA sielerus te voel. Deur twee dekades van oorsese kunsresidensies, voortslepende familiedrama en die benouende obsessie van'n vyandiggesinde in die kunswêreld sien die leser met die oë van dié vindingryke kuns-vlugteling.
- Published
- 2021
23. Onverskrokke vroue : Uitdagings en oorwinnings vanaf Bybelse tye tot vandag
- Author
-
Bettina Wyngaard and Bettina Wyngaard
- Abstract
Waar hoort vroue in die samelewing? Hul rol as versorgers word geredelik erken, maar wat van die openbare sfeer? Het dié rol oor die jare verander? Bettina Wyngaard ontleed dié kwessie in'n gesprek tussen die Bybel en Suid-Afrika se grondwet. Sy kyk spesifiek na die “texts of terrors” in die Bybel. Hoe moet ons dit verstaan? En hoe staan dit vandag met vroue? Onverskrokke vroue bied'n omvattende, deeglik nagevorste en indringende blik op aktuele vrae waarmee ons daagliks worstel.
- Published
- 2021
24. Middernag
- Author
-
Sidney Gilroy and Sidney Gilroy
- Subjects
- Murder--Investigation--South Africa--Fiction
- Abstract
Die oorskot van'n verminkte vierjarige word in die vroeë oggendure in'n Frutti Tutti-roomyskarretjie in Harrismith ontdek. Kaptein Brummels besluit oornag om Parkwegstasie se bulhond, Sollie Mtembu, saam te sleep om'n oudkollega van hom met die ondersoek te help. Sollie lyk dalk na'n onervare sersant wat dikwels oor sy eie woorde struikel, maar as hy iets beetkry, laat los hy nie. Sidney Gilroy se debuutroman, Klikbek, is met groot lof deur resensente en krimi-lesers ontvang.
- Published
- 2020
25. Negentien Minute
- Author
-
Jodi Picoult and Jodi Picoult
- Abstract
'Hoe goed ken'n mens werklik jou gesinslede of enigiemand anders? Hoe vernietigend is groepsdruk, hoe intimiderend die behoefte aan tuishoort?'– Deborah Steinmair, joernalis en skrywer. Nadat hy jare lank wreed verbaal en fisiek deur klasmaats geboelie is, knak die 17-jarige Peter Houghton een oggend. Binne slegs negentien minute sterf tien inwoners van die dorp Sterling in Amerika. Die geskokte gemeenskap is vasberade dat geregtigheid moet geskied. Soos die hofsaak ontvou en Peter getuienis lewer, kom dit egter aan die lig dat die inwoners van Sterling'n rol daarin gespeel het om'n innemende, liefdevolle seun in'n massamoordenaar te laat verander. In'n era waarin boeliegedrag toenemend'n probleem is, ook in Suid-Afrika, bring hierdie meesleurende boek talle insigte vir ouers, onderwysers en tieners.
- Published
- 2020
26. Uitbarsting : Katerina Carter-misdaadroman
- Author
-
Colleen Cross and Colleen Cross
- Abstract
Somtyds is dit beter om die verlede begrawe te laat... Bedrogondersoeker, Katerina Carter se uitstappie na ʼn geïsoleerde eiland ontbloot ʼn misterieuse 1920s okkult, geheime gange en gerugte van goue skatte. Die Aquarian Foundation se misterieuse geheime is verlore in die sand van tyd, maar ʼn onheilspellende misdaad lê diep onder in die water. Kat ontbloot ʼn afgryslike waarheid wat een moordenaar ten alle koste sal beskerm. Om die geheim bloot te lê, sal die moordenaar weer laat toeslaan en net sý kan die moordenaar keer. As sy gelukkig is, sal sy met haar lewe ontsnap, maar het haar geluk reeds uitgehardloop? ʼn Meesleurende psigologiese riller wat jy met die ligte aan sal wil lees!
- Published
- 2020
27. Op soek na Tretchikoff
- Author
-
Anita du Preez and Anita du Preez
- Subjects
- Women painters--Fiction
- Abstract
Lily, pas geskei en nie meer'n skilder nie, het gegaan van galerykurator tot ontwerper by Exotic Tattoos in Vishoek. Sy is'n groot Tretchikoff fan, wat sy nie by Galerie Zeitgeist hardop kon sê nie. Dan ontmoet sy haar Russiese buurman. Voor jy “Tretchi” kan sê, sit sy met'n kosbare vrag op'n vlug Kazakstan toe. Sy kry g'n enkele Tretchikoff daar nie, net'n verwarrende soen. Terug in Vishoek begin sy weer skilder, want môre kom dalk te laat.
- Published
- 2020
28. Twee kinders later : 'n Ma se storie van liefde, lag, geloof en wonderwerke
- Author
-
Charmé Kriel and Charmé Kriel
- Abstract
“Ek het iewers gehoor as jy jou storie kan vertel sonder om te huil, is jou hart weer heel. My reis na ma-word was nie vir my maklik nie. Inteendeel, die eerste jaar was waarskynlik die moeilikste tyd van my lewe. As ek nou terugkyk, was dit vol seëninge en eintlik die wonderlikste reis ooit...” Charmé Kriel was'n doodgewone jonggetroude vrou van Vishoek, swanger met haar eersteling, toe sy op 27 weke ontstellende nuus kry. Klein Lisatjie word met'n noodkeisersnee gebore, en Charmé se lewe verander handomkeer. Twee kinders later is nie net die verhaal van een ma wat diep in haar eie hart moes delf om hoop te vind en heel te word nie, maar ook'n empatiese, realistiese en humoristiese kykie na vrou- en ma-wees. Dié lekkerleesboek is gebaseer op Charmé se gewilde gelyknamige blog wat haar lesers ure se leesplesier besorg het. Twee kinders later sal jou laat lag en laat huil.
- Published
- 2019
29. Hond se gedagte
- Author
-
Kerneels Breytenbach and Kerneels Breytenbach
- Abstract
Fleur de Villiers is nie'n kenner van rugby nie. Wanneer haar ou pel Maurice Kumalo haar vra om'n biografie oor die Springbok-rugbykaptein Katstert Nel te skryf, is sy om die minste te sê teësinnig. Haar voorliefdes in die lewe behels eerder fynere dinge, soos ondersoekende joernalistiek, goeie kos en wyn. Wat op aarde weet sy van rugby, so op die vooraand van die Wêreldbekertoernooi in die jaar 2025?'n Verrassende, hoogs vermaaklike roman.
- Published
- 2019
30. Soekmekaar
- Author
-
Dana Snyman and Dana Snyman
- Abstract
'Ek voel nie meer geborge in my huis op Jacobsbaai nie. Miskien suig'n huis se mure en dak jou verdriet en verwildering op nes'n spons water opsuig. My huis treur saam met my. Oor Anette se weggaan. Oor ou sekerhede wat onsekerhede geword het. My huis soek lig. Ek soek lig. Ek moet die binneland in...'In hierdie boek vertel Dana Snyman van begrafnisse, troues en'n skoolreünie, van sy ma en Katrina en van die Bogosi-familie wat ook sy familie word; stories van hoe ons oor grense heen na mekaar probeer uitreik. Hoe ons mekaar soek maar nie altyd vind nie.
- Published
- 2019
31. Laat u Naam geheilig word : Leer ken 24 van God se Name
- Author
-
Esté Geldenhuys and Esté Geldenhuys
- Abstract
God se karakter is verskuil in sy Name en hierdie Name praat almal van dieselfde Wese. Elke Naam van God beskryf'n ander faset van die Wese wat ons aanbid. Hoe meer fasette ons ontdek, hoe beter kan ons Hom begin verstaan. Esté Geldenhuys, bekende radiopersoonlikheid en spreker, het breedvoerige navorsing gedoen oor God se Name. In hierdie boek belig sy die belangrikstes, van Elohim (Drie in een) tot El Roi (die Een wat sien). Sy verduidelik die Hebreeuse Naam en die betekenis daarvan, en kyk dan wat dit vir ons in ons alledaagse lewe beteken. Hierdie boek is vol fassinerende insigte en wys ook hoe ons God se Name kan gebruik in gebed.
- Published
- 2019
32. Sara
- Author
-
Maretha Maartens and Maretha Maartens
- Subjects
- Bible stories
- Abstract
Tien dae lank praat Sara nou al met God, die Almagtige. Hiervoor het sy haar donkie opgesaal nadat Abraham met hulle enigste kind, twee slawe en'n bondel vuurmaakhout op'n pakdonkie in die verte verdwyn het. Met die sluier oor haar gesig is sy vrou-alleen by almal in die kamp verby, die woestyn in. Sy, wat so bang is vir die giftige slange en skerpioene van die Negev, het die groot skerpioen naby haar skaars raakgesien toe sy op die grond neergeval en na die onsigbare God begin roep het... In dié roman word Abraham van die Bybel deur sy vrou Sara se oë gesien. Die leser word meegesleur na die Middel-Bronstydperk, na die mense van die sondvloed, na Abraham se stanings en huwelik, sy swakhede en sy geloofspad, en die lewe van sy vrou Sara. En gekonfronteer met die Wese en die werklikheid van God.
- Published
- 2019
33. Boertjie : 'n Stappie duer sy lewe sy gedagtes en sy tyd in Suid- en Suidwes-Afrika/Namibië
- Author
-
Hannes Deetlefs and Hannes Deetlefs
- Abstract
Die verhaal van die mense van Suidwes en deels van Suid-Afrika van'daardie tye'is hier so noukeurig as moontlik aangeteken. Die feite en daarmee ook die seleksie van temas en gebeure baseer besonders op die baie noukeurige dagboeke, die talle briewe en foto's van Hermann Deetlefs en Elisabeth Deetlefs-Reimer. Groot moeite is gedoen om so korrek as moontlik die gebeurtenisse, die emosies, die vrees en verwardheid van daardie moeilike tye weer te gee. Vandag is dit maklik om die genoemde feite per Internet te ondersoek. Natuurlik is daar altyd twee of selfs meer weergawes van hierdie historiese werklikheide: Die wetenskaplik neutrale en die polities gekleurde. Daar is altyd daarna gepoog om die neutrale feite te gebruik, ook dan, wanneer die neutrale feite die een of ander party nie gepas het nie. Baie dinge stem nie meer met die moderne sieninge van vandag ooreen nie, maar, dit is juis waaroor dit gaan: Die minirokkie en nog meer die'skandalige'Bikini was destyds groot nuus, vandag nie. Dit as voorbeeld. Ook is dit'n feit dat nie alle bewerings geboekstaaf kan word nie. Baie berus maar op gerugte en bespiegelinge van daardie dae. Dikwels was dit ook maar net gesprekke in die teenwoordigheid van die seun en eie dagboek-aantekeninge wat vir inligting gesorg het. Persone wat op hul voornaam en van genoem of waar die van met'n hoofletter aangedui word, is histories en so ver moontlik korrek weergegee. Persone wat net met voorname genoem word, is histories korrekte karakters en het wel bestaan of is die samevoeging van twee of meer'egte'persone van daardie tyd. Dit geld ook veral vir die lewensverhale van Hermann en Elisabeth Deetlefs self: Daar is net onbelangrikhede weggelaat. Hul goed gedokumenteerde lewensgeskiedenisse is al'storie genoeg'maar tog waar van die begin tot die einde. Dit is vanselfsprekend dat ook fiktiewe brûe gebou moes word om die informasie sinvol te verbind. Maar ook in die fiktiewe dele is daar gepoog om getrou aan die werklikhede van daardie tyd te bly. Wat dinge geweldig vergemaklik het was dat die'Suidwesters'van daardie dae gewoond was om hewig te redeneer, te praat, te argumenteer. Daar het letterlik niks gebeur wat nie tot in die fynste besonderhede uitgepluis en daar kant gekies is nie. Dit was ook makliker, want die mense het geen televisie gehad nie, nee, hulle het tyd gehad. Nog'n laaste woord oor die gebruik van die Afrikaanse taal: Daar is gepoog om elke individu'sy'of'haar'Afrikaans te laat praat, al was dit nog so plat of foutief. Net by die gebruik van vloekwoorde is daar gepoog om'n gangbare middelweg te vind.'Gekruide taal'en woorde wat vandag as polities nie aanvaarbaar geld nie, is so vêr as moontlik vermy. Die geneigde leser sal self weet hoe daardie tipe persone, waarop hierdie van toepassing was, gepraat het. In elk geval was dit vir die skrywer, wat self nie vloek nie, ja, nooit gevloek het nie,'n ietwat moeilike taak om hierdie middelweg te vind. Dan nog die woordjies soos'sobyso'en'Usikus'wat tog so eie aan die Afrikaans van daardie dae in'Suidwes'was.'Sobyso'kom van die Duitse'sowieso'en beteken'in elk geval'.'n Afrikaans-sprekende wat in die Republiek die woord gebruik het, het met die woord onmiddellik duidelik gestel dat hy'n'Suidwester'is. En'Usakos'het net oningewydes gesê. Dit is uitgespreek soos'you-see'in Engels en'kis'in Afrikaans.
- Published
- 2019
34. Gedeeltelik bewolk : 'n lewensbeskrywing van 'n mal man
- Author
-
Ruan Kemp and Ruan Kemp
- Subjects
- Homeless men--Fiction
- Abstract
George Moore is gebore toe Jan Smuts dood is, word op'n plaas in die Noord-Kaap groot, dien in'n aaspeloton in Angola, raak deurmekaar met die Baader-Meinhof-bende in Duitsland, werk as joernalis tydens die noodtoestande in Kaapstad, en weldra word hy'n saboteur,'n skaapsmokkelaar,'n mal man,'n boemelaar. Tussendeur kul en koggel George prokureurs, kopdokters, en vroue.
- Published
- 2019
35. Die boek van gelukkige eindes
- Author
-
Debbie Loots and Debbie Loots
- Subjects
- Man-woman relationships--Fiction, Psychologists--Fiction
- Abstract
Chris,'n Kaapse sielkundige, se voorspelbare lewe word van alle kante bedreig.'n Vrou met wie hy lank terug'n vlietende verhouding gehad het, duik skielik weer op met'n ultimatum, sy pasiënte raak by die dag moeiliker, en sy dirty little secret neem'n onheilspellende wending. Is sy plat-op-die-aarde jong vrou uiteindelik al mens op wie hy kan staatmaak?'n Genuanseerde, ironiese blik op seks, intieme verhoudings en eksistensiële krisisse.
- Published
- 2019
36. Truitjie roer my nie : Oor Kempton en ander k-woorde
- Author
-
Schalk Bezuidenhout and Schalk Bezuidenhout
- Subjects
- Comedians--South Africa--Biography
- Abstract
Wat beteken dit as'n jong Afrikanerman jou beskryf as “nogals orraait”? Hoe trek jy die gehoor se aandag as die basaarpoeding hulle gemesmeraais het? En waar o waar in die wêreld is die Pomona Spur – en hoekom sal jy nooit jou vyfjarige se verjaardagpartytjie daar wil hou nie? Sedert hy enkele jare gelede die SA komediewêreld betree het, het Schalk blitsig'n ikoniese figuur geraak. Hy't al vir Trevor Noah geopen, hy was die skattige Danny in die kykNET-reeks Hotel, die uiters gewilde aanbieder van Die Kliek op VIA, en in 2018 sal die volk hom geniet in Die Ware Naarheid,'n satiriese nuusprogram in spitstyd op kykNET. Sy volgelinge op Facebook en Instagram trek ver verby 30 000, en sy kop staan oorsee se kant toe. In dié piepie-jou-nat-van-die-lag memoire verklap Schalk – en sy soortvan-bestuurder, Erns Grundling – die bisarre en hartroerende dinge wat hy oorgekom het op sy reise regoor die land na oral waar'n mikrofoon en'n dronk gehoor hom inwag.
- Published
- 2018
37. Dubbelspiraal
- Author
-
André Jansen and André Jansen
- Subjects
- Afrikaans fiction, Spy stories
- Abstract
Hy en Xolisa Ndlela sou vriende kon wees, besef geheime agent Koos Jooste hier teen die nadraai van die 1994-verkiesing. Want hulle ontdek aspekte van mekaar wat nie een sou vermoed het nie: soos Ndlela se ervaringe in Quatro, die ANC se berugte strafkamp in Angola, en hoe elkeen oor die toekoms voel. Sedert die Soweto-oproer in 1976 kruis die paaie van dié twee Suid-Afrikaners telkens tydens sleuteloomblikke in die land se geskiedenis. Jooste verdedig die bestaande bestel, Ndlela beywer hom vir die nuwe, en Dubbelspiraal plaas die fokus op hoe die magsewewig tussen hulle gedurig verander. Die leser word gevoer van Grahamstad na Soweto, Amsterdam na Parys, Mtubatuba na Bettysbaai. Jooste, agent in die vreemde, moet persoonlike tragedie verwerk, in'n wankelende wêreld vastigheid soek, en sukkel met die begrippe patriotisme en lojaliteit. En wat kan één mens doen om die euwels van die nuwe heersers se korrupsie te bestry? “...'n merkwaardige leeservaring.” – Kerneels Breytenbach
- Published
- 2018
38. Die derde oog
- Author
-
Etienne Leroux and Etienne Leroux
- Subjects
- Afrikaans fiction
- Abstract
Kaptein Demosthenes de Goede word ná die suksesvolle afhandeling van elf take aan die D-diens geleen vir sy laaste en twaalfde taak – hy ontvang opdrag om die berugte tycoon Borris Gudenov vas te trek. Gedurende hierdie soektog bevind De Goede hom in'n inkopiesentrum met'n sirkelgangtrap;'n doolhof wat afdaal na die inferno. En soos Dante van ouds moet De Goede in die soeke na homself'n hellevaart na benede aandurf.
- Published
- 2018
39. Christine le Roux Keur 4
- Author
-
Christine le Roux and Christine le Roux
- Subjects
- Widowers--Fiction, Afrikaans fiction
- Abstract
In hierdie keur bewys Christine le Roux opnuut dat jy nie'n vasbeslote vrou moet onderskat nie. In Liewe Onskuld soek die wewenaar Nicolas Steytler'n oppaster vir sy twee kinders. Die jong rabbedoe Olivia Joubert lyk aanvanklik na'n onwaarskynlike kandidaat, maar sy is vasbeslote om haarself te bewys. Sý sal na Nicolas se kinders kyk en sommer ook'n vrou vir hom soek. In Om lief te hê aanvaar Hester Verster'n pos by'n plaasskool omdat sy wil wegkom van die stad se gewoel. Die plaaseienaar is egter openlik vyandig teenoor haar en maak dit duidelik dat hy nie tyd het vir onhandige stadsmeisies nie. In'n Veilige hawe besluit Madelein le Grange om met die doodgoeie Johan Brink te trou, al hunker sy na Colin Viljoen – die man wat sy tydens haar vakansie in Durban ontmoet het. Op hul wittebrood in Kaapstad loop Johan en Madelein vir Colin raak, met rampspoedige gevolge.
- Published
- 2018
40. Wintersrust
- Author
-
Joyce Kotzè and Joyce Kotzè
- Subjects
- South African War, 1899-1902--Fiction, War and families--Fiction
- Abstract
Een familie, van Britse en Boere-afkoms, se lojaliteite word verstrengel deur die gang van geskiedenis. Transvaalse politiek en Britse imperialisme sleur hul mee in die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902. Hegte bande word op die slagvelde beproef en wanneer die formele fase van die oorlog oorgaan in'n verskroeidaardebeleid en geurrillastryde, moet riskante keuses gemaak word. Martin de Winter, bestem om sy land die twintigste eeu binne te lei, word noodgedwonge'n suksesvolle jong generaal terwyl verbode liefde by hom spook. Stefanie de Winter,'n gevierde pianis, word wantrou deur die leiers aan beide kante. Lojaal aan haar familie, maar verlief op'n Britse offisier, volg sy'n noodlottige pad. Karel en Rudolf de Winter, tweelingbroers, verknog aan mekaar, probeer die koeël ontwyk wat hul vir altyd sal skei. James Henderson, Britse kavalleris en onverskrokke soldaat, word vasgevang deur sy lojaliteit aan sy land en sy liefde vir sy Boerefamilie. Dokter Charles Henderson is geskok deur die doelbewuste verwoesting van sy aangenome land, Transvaal, en deur die aandeel wat sy broer teen wil en dank daaraan het. Wintersrust is'n bruisende verhaal vol hartstog en avontuur oor die individu se worsteling met magte buite sy beheer. Sommige, oorweldig deur wanhoop, oorleef nie. Ander moet ten slotte by'n plek van vrede en vergiffenis uitkom. Ondanks woede en onreg ontdek die familie'n mag wat sterker as oorlog is.
- Published
- 2017
41. Hartklop Omnibus 3
- Author
-
Madelein Malherbe, Rykie Roux, Malene Breytenbach, Madelein Malherbe, Rykie Roux, and Malene Breytenbach
- Abstract
Heler van skade: Lucinda O'Neill word'n pos as pediater by die Wynland-kliniek vir Aansteeklike Siektes aangebied en dit bring'n algehele ommekeer in haar lewe mee – en nie slegs op professionele gebied nie. Want hier ontmoet sy vir Werner Huber,'n siviele ingenieur, wie se seun tydens'n werkskontrak in Afrika'n tropiese siekte opgedoen het. Wanneer hy die seuntjie na die kliniek bring, maak dit'n groter impak op Lucinda se lewe as wat sy ooit kon voorsien het. En intussen maak die resiesjaer Edwin van Reenen, wat haar ken sedert hulle kinderdae in die weeshuis, aanspraak op haar vriendskap en liefde. Lucinda het haar nog altyd van liefdesverbintenisse weerhou; haar werk was haar erns. Maar in die Wynland-kliniek word sy verplig om keuses te maak – en meteens lyk haar pad vorentoe baie gekompliseerd. Die dokter se geheime passie: Janli Filmalter,'n toegewyde mediese student in haar vyfde jaar, en dokter Christiaan Lombard ken mekaar al vandat sy ses en hy nege jaar oud was. Hulle ken ook mekaar se families goed – dalk té goed. Waarom haat Christiaan haar skatryk pa so? Sal hy Gé, haar losbol-broer, kan vergewe vir wat hy aan sy onskuldige kleinsus gedoen het? Maar die belangrikste: probeer Christiaan op die Filmaters wraak neem deur Janli te verlei? Ontmoet my in Patong: Laura Els is glad nie baie gelukkig in die hospitaal waar sy verpleeg nie. Miskien is dit omdat haar kêrel, Braam, weg is Engeland toe. Of dalk is dit nog die nadraai van die tsoenami-gebeure. Wat ook al, Laura besluit om Engeland toe te gaan, na Braam toe. Maar voor dit wil sy eers terug Thailand toe vir'n kort vakansie om deur die herinneringe van die tsoenami en haar tyd daar te werk. In Thailand ontmoet sy toevallig weer die Engelse sakeman, Francis, wie se lewe sy destyds gered het. Die aantrekkingskrag tussen hulle skryf Laura toe aan die feit dat sy hom destyds gered het. Natuurlik sal so iets mens nader aan mekaar bring! En sy is immers nog verlief op Braam. In Patong het die lewe egter sy eie loop...
- Published
- 2017
42. Die wêreld van Charlie Oeng
- Author
-
Etienne van Heerden and Etienne van Heerden
- Subjects
- Afrikaans fiction--21st century
- Abstract
Tian Kilian se ouers is voor sy oë vermoor, die aand van die vuurwerke op Slootplaas. Nou reis hy, Amsterdam toe en na Kowloon, oral op die spoor van Charlie Oeng, oftewel Koekepan, oftewel Gelatenheid, oftewel Chinees. Eens op'n tyd'n onbeduidende Hollywood-ekstra, maar'n hoofrolspeler in Tian se wêreld. Hoe harder Tian probeer om die pyn wat hom sedert sy jeug vergesel, te verstaan, hoe tergender word die vraag: Waar eindig die Chinees se skuld en waar begin sy éie aanspreeklikheid?'n Ryke verskeidenheid karakters bevolk dié ambisieuse verhaal, van die Chinese matriarg Ouma Voetjies in Amsterdam tot die blinde siener Ouma Ogies in die Oos-Kaap, van Cor van Gogh, hy met die kleinood in die koker, tot die enigmatiese, naamlose “Sy”...Die wêreld van Charlie Oeng staan in die tradisie van breedopgesette vertellings met veelvuldige verhaallyne en uitgebreide agtergrondbeskrywings. Feit en verdigsel is sjarmant verweef in hierdie verbluffende roman.
- Published
- 2017
43. Tussen vriende
- Author
-
Derick van der Walt and Derick van der Walt
- Abstract
Will het'n stukkie. Iemand by die werk, jonk genoeg om sy dogter te wees. En Adriaan en Cassie weet daarvan, maar bly tjóépstil. Asof dít nie die vriendekring genoeg ontwrig nie, sing Cassie en Phoebe se seun skielik in'n bedenklike nagklub en Phoebe se eksie-perfeksie ma wil kom kuier in Pretoria – dalk vir báie lank. (Phoebe eet sommer'n éclair.) Adriaan se Ingrid het pas wéér'n knop in haar bors gevoel, hul enigste dogter is ver oor die waters, en dan's daar boonop Adriaan se familieplaas wat verkoop moet word noudat sy broer wil padgee Australië toe. En heeltyd wonder Phoebe en Ingrid: wat skort met Will se vrou, Soekie? Sy't onlangs aan haar gesig laat werk en lyk fantasties, maar iets is fout in haar oë. Die wel en wee van drie paartjies in hul 50's, komies, lewensgetrou en eg.'n Storie vir almal wat al ooit oor hul vriende gewonder het, mense nes ek en jy, almal met hul eie geheime.
- Published
- 2017
44. Skepelinge: Aanloop tot 'n roman : Aanloop tot ’n roman
- Author
-
Karel Schoeman and Karel Schoeman
- Abstract
Skepelinge is'n impressionistiese betragting van die vroeë koloniale tydperk in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gebaseer op Schoeman se kennis van die VOC-tyd en meer spesifiek die skeepvaart. Self het die skrywer dit beskryf as'n ‘hibriede skepping... wat in laaste instansie beoordeel moet word as produk van die skeppende verbeelding eerder as van navorsing'. Tydens die boekstawing van die duisende skepelinge wat oor die eeue heen na die Kaap van Storms gereis en onderweg ook omgekom het, verweef Schoeman literêre stemme soos dié van Eliot, Auden, Eybers en Melville met dokumente uit die oorspronklike dagboeke van die 1600's en 1700's, soos Van Riebeeck se Dagregister, Peter Kolb se noukeurige beskrywings van die Kaap en ander reisjoernale en geskiedkundige werke van die era. Dit is geskiedskrywing soos geen ander Suid-Afrikaanse skrywer dit nog kon vermag nie. Skepelinge is'n unieke nalatenskap – veral waar ‘oorsprong'nou meer as ooit vantevore ondersoek word.
- Published
- 2017
45. Koms van die motman
- Author
-
Chris Karsten and Chris Karsten
- Abstract
Elf jaar gelede is Ella Neser se pa amper noodlottig gewond. En nou, jare later, word die skuldige, Arthur Wilky, weens goeie gedrag op parool vrygelaat. Binne weke is daar egter nuwe moorde – en van die slagoffers is voormalige tronkmaats van Wilky. Ella kan nie begryp hoekom haar speurderkollegas nie die verbintenisse tussen die verskillende moorde raaksien nie. Wat van die motlyke wat telkens by die moordtonele figureer? Selfs kaptein Silas wil nie ag slaan op haar vermoedens nie... In dié slotroman in die jongste Ella Neser-trilogie speel Karsten weer eens kat en muis met die leser. Wie ís die moordenaar, en waarom huiwer die Nommers-bendemitologie deurgaans soos'n skaduwee op die rand van die verhaal? Chris Karsten, meesterverteller aan die woord, soos altyd.
- Published
- 2017
46. Die Weerwolf van die vloot
- Author
-
Jonathan P. Brazee and Jonathan P. Brazee
- Abstract
Privaat Eerste klas Aiden Kaas het by die Mariene aangesluiot vir al die verkeerde redes. Na ontplooing na Irak op negentien, wou hy net sy toer klaar maak. Maar nadat hy deur'n waarskynlike mal majuhideen gebyt is, ly hy aan'n seldsame siekte, een met nagevolge wat hy nie in sy woldse drome sou kon voorspel nie. En die siekte het hom aan groter gevare bloodgestel as wat sy onplooing ooit kon. Aiden besef wat dit beteken om'n man te word, en hoe hy tot verhaal moet kom met wat hy geword het. Waarskuwing: Boek bevat dele met geweld en seks.
- Published
- 2017
47. Ena Murray Keur 13
- Author
-
Ena Murray and Ena Murray
- Abstract
In Merk van die skarabee word Marcelle Wiid, jong Suid-Afrikaanse lugwaardin, in Kaïro deur'n fanatiese kultusgroep ontvoer. Haar verloofde, Deon Rabie, en haar suster, Elmarie, volg haar spoor. Maar telkens word hulle gestuit deur die vreemde skarabeeteken. En keer op keer duik die geheimsinnige Hoessein Abd-el-Rahman ongevraag op om hulle uit nog'n penarie te red. Haar hart hunker na hierdie enigmatiese Oosterling, maar haar verstand waarsku haar. Daar is net te veel teenstrydighede... Wanneer Elmarie ontvoer word en ook in die kloue van die skarabeekultusgroep beland, verdiep die raaisels. Waar pas Hoessein in by Hatsjepsoet en haar minnaar Nektanebo? En waarom soek almal die goedkoop skarabeehangertjie wat Marcelle vir haar suster by'n straatstalletjie gekoop het? In Hartklop van Hawaii voel Kara Malherbe vandat die vliegtuig op die lughawe van Honolulu land asof sy'n rol in'n onbekende drama speel – die draaiboek ken sy nie, nog minder haar mede-akteurs of haar eie rol. Waar pas die Hawaiise magnaat Rupert Sinclair – Kamehameha oftewel “koning” vir die Polinesiërs – en die FBI-speurder Peter Conway in hierdie drama? Vrilette Karl, Amerikaanse miljoenêrsdogter, het spoorloos van Rupert se landgoed af verdwyn. En nou bevind Kara en haar medewenners van die skoonheidswedstryd hulle teen wil en dank op dieselfde plek van onheil. Wanneer Molly en Daphne ontvoer word, beland Kara in'n doolhof van vertwyfeling en wanhoop waarin sy net dieper verdwaal raak. Enersyds roep haar hart na Kamehameha; andersyds vorm alle leidrade'n reguit pyl na Rupert Sinclair. En in Vlug van die albatros stem Nadia Durandt in om haar broer, Rudy, te help bou aan'n nuwe toekoms as ingenieur ná jare van ongelukkigheid. Die geheimsinnige Kurt Gerlach, Rudy se nuwe baas, het die voorwaarde gestel dat Rudy getroud moet wees, en as “man en vrou” vertrek hulle saam na die Maledive-eilande naby Indië om aan'n bouprojek te werk. In die vreemde wag die verleidelike Aja en haar soel-aantreklike broer Amir op hulle – om te help met die projek, maar ook om die liefdesgod voltyds besig te hou. Gou vier jaloesie en frustrasie hoogty en begin ontstellende dinge gebeur.
- Published
- 2017
48. Uit die Beek 2018
- Author
-
Barend Vos and Barend Vos
- Abstract
Uit die Beek, die geliefde Afrikaanse Bybeldagboek, kom vanjaar uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuses vir elke dag is grootliks op die Revised Common Lectionary (oftewel die RCL-leesrooster) gebaseer. Dit maak hierdie tydlose Bybelse dagboek weer opnuut geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou'n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
- Published
- 2017
49. Satyn Omnibus 6
- Author
-
Ettie Bierman, Anita du Preez, Lizet Engelbrecht, Ettie Bierman, Anita du Preez, and Lizet Engelbrecht
- Abstract
In Om minder lief te hê is Arabel ná net'n jaar van getroude lewe van Henning geskei. Hy het padgegee en'n pos as vlieënier by'n Australiese lugredery aanvaar. Maar nou, ses jaar later, ontmoet hulle weer op'n Hongkong-vlug. Hierdie keer is sy lugwaardin en hy haar kritiese bevelvoerder. En die aantrekkingskrag smeul nog net so sterk tussen hulle. In Margot en die meerman gaan hou Margot vakansie in Zanzibar – stoksielalleen. Daar is niemand wat haar ken nie. En ook niemand om dit saam met haar te vier wanneer sy uitvind dat sy haar M.A. in Musikologie cum laude verwerf het nie. Dan verskyn Konrad op die toneel: diepseeduiker, eksoties, atleties. En jonger as sy. En in Hartstog in Malawi word Rochelle deur haar baas gestuur om die enigmatiese Sir J.C. Auther op te spoor, voordat die publiek óf die pers besef dat hy in Malawi wegkruip. Maar vandat sy in Malawi land, ontspoor haar goeddeurdagte plan. Sy ontmoet ene kaptein Costa en die vonke spat onmiddellik.
- Published
- 2017
50. Die goudkewers: Die Mannheim-sage 2 : Die Mannheim-sage 2
- Author
-
Lerina Erasmus and Lerina Erasmus
- Abstract
Die Johannesburgers word met nuwe uitdagings gekonfronteer ná afloop van die aanvanklike goudstormloop van die 1880's. Oornag word die nuus versprei dat die opbrengs van oop myngragte deurspek is met piriet. Kit Malloy besef dat hy ongekende rykdom sal bekom indien sy planne om'n kontroversiële suiweringsmetode op die been te bring, wel suksesvol is. Deborah Mannheim worstel steeds om te besluit waar sy hoort – by haar hartsverlange, Malloy, of by die Mannheims. Boonop word sy onverwags aangestel as bestuurder van die Mannheim-familie se sakeryk. Op politieke gebied begin onweerswolke saam te pak wanneer die wantroue tussen die Boere en Britte'n breekpunt bereik. Karl Mannheim se besluit om by die Jameson-rebellie en later by die Anglo-Boereoorlog betrokke te raak, stel sy familie se belange in gevaar. Maar hy is vasbeslote om sy vrou, Deborah, se respek te herwin. En Kit Malloy, steeds lojaal aan rolspelers in beide Britse en Boere-alliansies, word gedwing om kant te kies.
- Published
- 2017
Catalog
Discovery Service for Jio Institute Digital Library
For full access to our library's resources, please sign in.