Back to Search
Start Over
Die invloed van die reg op ons Suid-Afrikaanse beskawingspatroon
- Source :
- Koers : Bulletin for Christian Scholarship, Vol 33, Iss 5 (1966)
- Publication Year :
- 1966
- Publisher :
- Scriber Editorial Systems, 1966.
-
Abstract
- Die vraag of die reg ons beskawingspatroon beïnvloed kan sonder veel omhaal van woorde bevestigend beantwoord word as ons, uitgaande van bepaalde verskynsels eie aan ons be­ skawingspatroon, telkens aantoon dat daar regsbepalinge be­ staan wat 'n conditio sine qua non is vir die bestaan van bepaalde aspekte van ons Suid-Afrikaanse lewenswyse. ’n Indrukwekkende dog vervelige lang lys van gemeenregtelike en wetteregtelike bepalinge sou dan aan u voorgehou kan word as voorwaardelik vir die bestaan van bepaalde verskyn­ sels. Die gevaar bestaan egter dat onder die magdom van woorde noodsaaklik vir die voltooiing van hierdie indeks van regsoorsake met voortvloeiende gevolge binne die kader van wat ons beskawingspatroon genoem word, ’n breër perspektief verskuil gaan en ander bydraende faktore misgekyk word. Deur hierdie benaderingswyse sou tewens ook ’n aanmatigend belangrike plek en invloedsfeer aan die juridiese toegedig word. Die legalistiese beskouing dat die reg as ’n soort selfgenoeg- same grootheid met een pennestreep gehele biblioteke tot rommelpapier kan reduseer, soos Von Kirchmann in sy op- spraakwekkende geskrif: „Die Wertlosigkeit der Jurispru- denz als Wissenschaft" beweer, gaan mank aan die gebrek van eensydigheid en oormatige veralgemening.
- Subjects :
- Practical Theology
BV1-5099
Moral theology
BV4625-4780
Subjects
Details
- Language :
- Afrikaans, English
- ISSN :
- 0023270X and 23048557
- Volume :
- 33
- Issue :
- 5
- Database :
- Directory of Open Access Journals
- Journal :
- Koers : Bulletin for Christian Scholarship
- Publication Type :
- Academic Journal
- Accession number :
- edsdoj.b141fda8274044aeb62126ed339e64d1
- Document Type :
- article
- Full Text :
- https://doi.org/10.4102/koers.v33i5.1381