Back to Search Start Over

Access to justice in the South African social security system: Towards a conceptual approach

Authors :
Nyenti, Mathias
Source :
De Jure Law Journal, Volume: 46, Issue: 4, Pages: 901-916, Published: APR 2013
Publication Year :
2013
Publisher :
Pretoria University Law Press, 2013.

Abstract

Die Grondwet waarborg aan elkeen die reg op toegang tot sosiale sekerheid. Dit verplig die staat verder om redelike wetgewende en ander maatreëls, binne die perke van beskikbare middele, te neem om die toenemende verwesenliking van die reg op toegang tot sosiale sekerheid te bewerkstellig. 'n Stelsel wat deur die staat ingestel is om die reg op toegang tot sosiale sekerheid te verwesenlik, sou onvolledig wees sonder 'n doeltreffende en uitvoerbare stelsel wat gebruikers van die stelsel in staat stel om geskille wat mag ontstaan, te besleg. So 'n stelsel sou gevolg moes gee aan die reg op toegang tot die howe (regspleging). Gevolglik moet 'n sosiale sekerheids-geskilbeslegtingstelsel bestaanbaar wees met die begrip van toegang tot regpleging, soos beoog in die Grondwet. Alhoewel die Grondwet nie toegang tot regspleging omskryf nie, dui dit die benadering wat by die uitleg van die regte in die Handves van Regte gevolg moet word, aan. Hierdie artikel poog om die begrip van toegang tot regspleging te ontwikkel vir sover dit van toepassing is op ontvangers van sosiale sekerheid. Dit beveel 'n breë benadering tot die begrip aan, wat voorsiening maak vir die instelling van 'n geskilbeslegtingstelsel; en die aanname van maatreëls gerig op die bemagtiging van ontvangers.

Details

Language :
English
Database :
OpenAIRE
Journal :
De Jure Law Journal, Volume: 46, Issue: 4, Pages: 901-916, Published: APR 2013
Accession number :
edsair.od......1575..e3366b855c2aba8c6244228d37f0e84c