Back to Search
Start Over
Die dood van die tradisionele koerant: ʼn Strategiese assessering.
- Source :
-
Tydskrif vir Geesteswetenskappe . Dec2018, Vol. 58 Issue 4-1, p716-735. 20p. - Publication Year :
- 2018
-
Abstract
- In die digitale era bevind koerante regoor die wêreld hulself in ongekende waters en probeer inkomste vanuit aanlyn verkeer genereer. Sommige koerante, soos die Wallstreet Journal, het dié stap met merkwaardige sukses geneem, terwyl ander koerante jammerlik gefaal het. Die digitale era plaas ook geweldig druk op die koerantindustrie in Suid-Afrika. Sirkulasiesyfers en winste wys ʼn dalende tendens. Die invloed van die internet en aanlyn nuus het ʼn beduidende impak op die wyse waarop koerantuitgewers inkomste en winste gaan genereer. Indien die huidige afname in sirkulasie voortduur, kan daar so min as 750 000 koerante in sirkulasie wees in Suid-Afrika teen 2020. Koerantuitgewers behoort alternatiewe inkomstestrome vir digitale koerante te ondersoek, insluitend bekostigbare alternatiewe vir adverteerders, om te verseker dat die uitgewers hierdie adverteerders behou. Die doel van dié navorsing is om ʼn strategiese assessering te maak van die strategiese oorwegings in die migrasie vanaf gedrukte na digitale media. [ABSTRACT FROM AUTHOR]
Details
- Language :
- Dutch/Flemish
- ISSN :
- 00414751
- Volume :
- 58
- Issue :
- 4-1
- Database :
- Academic Search Index
- Journal :
- Tydskrif vir Geesteswetenskappe
- Publication Type :
- Academic Journal
- Accession number :
- 133738017
- Full Text :
- https://doi.org/10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a7