Rocher, Pierre Corne, Jacobs, Lynette, Teise, Kevin, Rocher, Pierre Corne, Jacobs, Lynette, and Teise, Kevin
English: There is a worldwide tendency amongst education authorities to focus on sustainable development of schools. Education authorities recognise evaluations and occasioned improvement plans as a prominent strategy to foster sustainable school development. Although I recognise the negative effect of the apartheid era on sustainable school development, the general standard of teaching and learning in most South African schools remains a challenge, more than twenty years after the dismantling of apartheid. There is a general concern that the quality of learning and teaching in South African schools is not at the required standard. This concern is justified by the huge drop-out rate of learners before Grade 12 and the poor performance in national and international assessments. The National Policy on Whole-School Evaluation (WSE) was initiated in South Africa, with the aim of improving the overall quality of education in schools through effective self-evaluations, credible external evaluations and constructive district support. It seems that, fifteen years after the WSE Policy was promulgated in 2001, WSE has not made a significant impact on sustainable school development in South Africa and it does not get rightful recognition in the Free State province. The literature study reveals that evaluations are necessary for sustainable school development; however, there is no agreement whether self or external evaluation, or a combination of the two, yields the best results for sustainable school development. England’s inspection system was used as the basis on which the WSE Policy was developed and is therefore discussed thoroughly. England’s inspection system has developed over time and focuses more on internal evaluations at all schools and external evaluations at underperforming schools. It appears that evaluations have a positive impact on school development and learner achievement. I use critical policy analysis to achieve the aim of the study, namely, to determine t, Afrikaans: Dit is nie net in Suid-Afrika wat onderwysowerhede daarna streef om volhoubare skoolontwikkeling te bevorder nie. Alhoewel ek erkenning daaraan verleen dat die nagevolge van die apartheidsera steeds volhoubare skoolontwikkeling in Suid-Afrika belemmer, bly die algemene standaard van onderwys onder verdenking, selfs meer as twintig jaar na die beëindiging van apartheid. Die algemene publiek is dus met reg bekommerd oor die gehalte van onderrig en leer in Suid-Afrikaanse skole. As die groot uitvalkoers van leerders voor Graad 12 en swak prestasies in nasionale en internasionale akademiese toetsings in ag geneem word, is hierdie kommer geregverdig. Een van die toonaangewende strategieë wat wêreldwyd geïmplementeer word om skoolontwikkeling te bewerkstellig, is evaluerings, met gepaardgaande verbeteringsplanne. Ook in Suid-Afrika is die National Policy on Whole-School Evaluation (WSE) geïnisieer met die oorhoofse doel om die gehalte van onderrig in skole te verbeter deur interne asook eksterne evaluerings en doeltreffende distriksondersteuning. Vyftien jaar sedert hierdie beleid in 2001 geproklameer is, lyk dit asof Geheelskoolevaluering (GSE) geen noemenswaardige bydrae tot skoolverbetering in Suid-Afrika kon lewer nie en dat GSE in die Vrystaatprovinsie nie die nodige erkenning geniet nie. Uit die literatuurstudie blyk dit dat evaluerings noodsaaklik is vir volhoubare skoolontwikkeling. Daar is egter nie eenstemmigheid of interne of eksterne evaluerings, of ʼn kombinasie van die twee, die beste resultate ten opsigte van skoolontwikkeling lewer nie. Die GSE-beleid in Suid-Afrika is gegrond op die inspeksiestelsel in Engeland en daarom word hierdie stelsel indringend bestudeer. Die Engelse inspeksiestelsel het oor tyd ontwikkel en fokus meer op interne evaluerings by alle skole, en eksterne evaluerings slegs by skole waar dit die meeste nodig is. Dit wil voorkom of evaluerings ʼn positiewe impak op skoolontwikkeling en leerderprestasie in Engeland maak. Krities