1. 'n Diskoers oor eskatologie en promissioterapie by vroue na die verlies van 'n eggenoot
- Author
-
de Beer, A. and van den Berg, J-A.
- Abstract
Die metafoor "diskoers" word in hierdie navorsing verkies aangesien dit resoneer met die narratiewe benadering. Die ondersoek is prakties-teologies begrond en vanuit postmoderniteit as paradigma nagevors met sosiaal-konstruksionisme as epistemologiese vertrekpunt. Die navorsing is binne die narratief-hermeneutiese navorsingsbenadering geplaas en beginsels onderliggend aan deelnemende aksie-navorsing is as deel van kwalitatiewe navorsingsmetodiek gebruik. Die ondersoek is deur die gebruik van meganismes van die narratiewe benadering geïnformeer. Tydens die pastoraal-terapeutiese gesprekvoering het vroue hulle verhale gekonstrueer en hulle diskoerse oor die hemel word in verbatimuittreksels aangehaal. Die moontlikheid om die belewenis van rou te verstaan en te interpreteer sowel as om hoop en vertroosting met behulp van eskatologie en promissioterapie te fasiliteer, word ondersoek. Eskatologie beklemtoon die Christelike aspek en handel met die eintlike en nie slegs met die uiteindelike nie. Promissioterapie handel met die beloftes wat gemoeid is met die begin en die einde, met ander woorde, die eskatologie. In hierdie bespreking word die vroue se siening van die lewe hierna en die rol wat dit kan speel om hoop en vertroosting te bied, toegelig. The central metaphor "discourse" is used in this research because it links with the narrative approach. This discourse is founded in practical theology and researched from postmodernity as paradigm and social constructionism as epistemological point of departure. The research is placed within the narrative hermeneutic approach and principles underlying participatory action research, as part of qualitative research methodology, are portrayed. The discourse is informed by using mechanisms of the narrative approach. Women, affected by the loss of a husband, constructed their stories during the pastoral therapeutic dialogue and their discourses on heaven are portrayed in verbatim conversations. The prospect of eschatology and promissiotherapy, to understand and interpret the experience of mourning and to facilitate hope and consolation, is explored. The concept eschatology emphasises the Christian aspect and deals with the actual and not just the ultimate. Promissiotherapy deals with the promises that are concerned with the beginning and the end or, in other words, the eschatology. The prospect of eschatology and promissiotherapy, to understand and interpret the experience of mourning and to facilitate hope and consolation, is explored. In this discussion the women's portrayal of life hereafter and the role it can play to offer hope and consolation are illustrated.
- Published
- 2011