1. Visuele interpretasie van ASTER - satellietdata, Deel I: Geologiese kartering in die Wieg van die Mensdom - wêrelderfenisgebied
- Author
-
Elna van Niekerk and Luke Sandham
- Subjects
ruimtelike resolusie ,digitale beeldverwerking ,visuele interpretasie ,geologiese kartering ,ASTER ,satellietbeelde ,Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisgebied ,lcsh:Technology (General) ,lcsh:T1-995 ,lcsh:Q ,lcsh:Science ,Landsat ,Afstandwaarneming ,spektrale resolusie - Abstract
Satelliet-afstandwaarneming het ’n kragtige instrument in die geowetenskaplike navorsingsarsenaal geword sedert die eerste van die aard-observasiesatelliete in 1972 gelanseer is, maar die effektiwiteit daarvan is egter ontoereikend as gevolg van die beperkte spektrale en ruimtelike sensitiwiteit. Op 18 Desember 1999 is die Terra-platform in bedryf gestel met vyf afstandwaarnemingsinstrumente, onder andere ASTER (Advanced Spaceborne Thermal Emission and Reflection Radiometer). ASTER bestaan uit drie afsonderlike instrument-substelsels, wat met behulp van aparte optiese stelsels elk in ’n ander spektrale domein funksioneer, naamlik die Sigbare en Baie Naby-Infrarooi substelsel met 15m-ruimtelike resolusie, die Kortgolf-Infrarooi substelsel met 30m-ruimtelike resolusie en die Termiese-Infrarooi substelsel met 90m-ruimtelike resolusie. ASTER bied beter spektrale resolusie en ruimtelike resolusie as Landsat MSS, Landsat TM, Landsat ETM+ en SPOT. Hierdie artikel doen verslag oor die verbeterde kartering van litostratigrafie, geologiese strukture en mynbouverwante verskynsels wat met die visuele interpretasie van verwerkte ASTER-satellietbeelde behaal is. Die verbeterde kartering in die Wieg van die Mensdom-wêrelderfenisgebied bevestig die potensiaal van ASTER-satellietdata vir verdere toepassings deur geowetenskaplikes.
- Published
- 2007