The article reports on research that investigated the image of teachers held by school learners. Based on a conceptual-theoretical distinction between the ideal teacher, the totally effective teacher and the typically excellent teacher, it was assumed that learners would focus on the first, which is a mental construct, and not on the third, which refers to a flesh-and-blood person actually found working in classrooms. They would not be aware of the discrepancy existing between the ideal teacher and the actual typically excellent teacher. A hundred learners in each of England, Latvia, Greece, Serbia, Slovenia, Bulgaria, Turkey, Pakistan, South Africa and Mexico were asked to write a one-page essay on the following topic: 'What does a typical teacher look like?' The investigation confirmed the correctness of the assumption. Despite clear instructions to describe a typical teacher, many respondents from all 10 countries described what they regarded as the ideal teacher. There seems to be a discrepancy between what learners want in a teacher (the ideal teacher) and what they actually have (the typical teacher). It is also possible that the lack of exposure to truly transformative teachers may in many instances lead to ineffective education. This may be one of the causes of problems with learner discipline in school that has thus far been overlooked in the scholarly pursuit to get to the root of problems with learner discipline, possibly because it does not fit neatly into the widely used model of categorising the causes of problems with learner discipline in schools. Hierdie artikel berig oor navorsing waarin die beeld wat skoolleerders van onderwysers huldig, ondersoek is. Gebaseer op 'n konseptueel-teoretiese onderskeid tussen die ideale onderwyser, die volledig-effektiewe onderwyser en die tipiese onderwyser is daar van die veronderstelling uitgegaan dat leerders op die eerste, wat 'n teoretiese konstruk is, sou fokus en nie die een wat 'n werklike persoon van vlees-en-bloed voor in 'n klaskamer vol leerders voorstel nie. Hulle sou nie bewus wees van die gaping tussen die ideale onderwyser en die werklike tipiese, uitstekende onderwyser nie. 'n Groep van 100 leerders uit Engeland, Litoue, Griekeland, Serwië, Slowenië, Bulgarye, Turkye, Pakistan, Suid-Afrika en Mexiko is versoek om 'n enkelbladsy-opstel oor die tema: 'Hoe lyk die tipiese onderwyser?' te skryf. Die ondersoek het die veronderstelling bevestig. Ten spyte van duidelike aanwysings om die tipiese onderwyser te beskryf, het al die respondente die ideale onderwyser beskryf. Dit blyk dat 'n teenstrydigheid bestaan tussen die beeld van 'n ideale onderwyser en die werklikheid voor die leerders in die klaskamer. Die moontlikheid bestaan dat die gebrek aan blootstelling aan waarlik transformerende onderwysers tot oneffektiewe onderwys kan lei. Indien wel, kan dit een van die oorsake vir skole se leerderdissiplineprobleme wees - 'n faktor wat tot nou in wetenskaplike pogings om tot die wortel daarvan deur te dring, oor die hoof gesien is, waarskynlik omdat hierdie faktor nie gemaklik in die algemeen gebruikte model van leerderdissiplineprobleme op skool inpas nie.