6 results
Search Results
2. Louisa du Toit Omnibus 12
- Author
-
Louisa du Toit and Louisa du Toit
- Subjects
- Families--Fiction, Sisters--Fiction
- Abstract
In Ploeg die wolke moet Brenda Rabie onverwags na Johannesburg gaan om haar pas geskeide suster te ondersteun. Daar begewe Brenda haar op'n pad van persoonlike intrige wat sy nie vooraf kon voorsien nie. Ansje Korber word eensklaps haar gewese skoonsuster, Joan, se vertroueling in Sirkelbaan. Hoe gemaak wanneer'n man en vrou elkeen op hul beurt gebroke op Ansje se drumpel staan? Boonop wonder sy of die teenwoordigheid van Joan se nuwe swaer nie juis die probleem is nie. In Die stille roep maak die leser op boeiende wyse kennis met die lief en leed van die Defórs-gesin. Regina Defórs moet as weduwee die fort hou. Haar drie kinders – wat elk met hul eie liefdeslewe worstel – is egter gekant teen die man by wie sy veel steun vind.
- Published
- 2018
3. Droomberig
- Author
-
Luné Olivier and Luné Olivier
- Subjects
- Man-woman relationships--Fiction, Women journalists--Fiction
- Abstract
Anelia le Roux wil in haar oorlede pa se joernalis-voetspore volg. Haar nuwe werk by Nuus-Direk bied egter uitdaging op uitdaging. Sy waai op'n winderige dag teen die navorser Leon de Hanie vas. Daar is onmiddellik'n wilde aantrekkingskrag tussen die twee en Anelia raak gou halsoorkop verlief. Maar hoe voel hý oor háár? Intussen het Anelia'n nare ondervinding met een van haar kollegas. Leon se geheimsinnige optrede laat haar ook wonder of hy nie iets vir haar wegsteek nie. Mettertyd ontdek Leon nuwe inligting oor Anelia se pa se sogenaamde selfdood. Dan vertel iemand haar dat Leon doelbewus die inligting aan die media verkoop het om sy eie loopbaan te bevorder. Gaan sy vir Leon'n kans gee om sy optrede te verduidelik?
- Published
- 2018
4. Helena Hugo Eerste Keur
- Author
-
Helena Hugo and Helena Hugo
- Subjects
- Afrikaans fiction--21st century, Romance fiction--21st century
- Abstract
Aimee Harrison vlug na'n kunstenaarsdorpie op die Franse platteland in Liefde is'n Franse sprokie. Dit stoei in haar: Vlug sy na die plek van drome omdat sy wil wegkruip of omdat sy op soek is na iets wat sy verloor het? Dan word sy deur'n wildvreemdeling gesoen en voor sy haar oë kan uitvee, moet sy die rol van graaf Pierre-Antoine Blanc se vrou vertolk. Maar nie almal is tevrede met die onbekende Suid-Afrikaner se teenwoordigheid in Pierre-Antoine se lewe nie. Marissa du Plessis en Theo Wessels sal'n aantal uitdagings moet oorkom as hulle by mekaar wil wees in Tot die dood ons skei. Is dit die moeite werd om die uitdagings in die oë te kyk of sal hul lewens net eenvoudiger wees as hul paaie eerder skei? Adria Bianco werk in'n manswêreld in Wilde rose, maar sy het groot drome en planne en sy gaan nie toelaat dat enigiets haar van stryk bring nie. Dis egter sewe jaar sedert daardie onvergeetlike aand in Boedapest en Adria besef opnuut: Die liefde vat sy eie koers.
- Published
- 2018
5. Susanna M Lingua Gunstelinge 5
- Author
-
Susanna M. Lingua and Susanna M. Lingua
- Abstract
Drie gunstelingverhale deur Susanna M. Lingua: In Die vurige swartkop word Elmarie Keyser ná haar suster se afsterwe haar nefie, Mark, se pleegouer. Elmarie kan egter nie as ongetroude meisie vir Mark aanneem nie, en sy grootouers het ook'n aanspraak op hom. Hoe gaan Elmarie haar belofte aan haar suster nakom? Dan ontmoet sy vir Lafras Zeeman,'n miljoenêr, en hy bied vir haar'n oplossing. In Karlien kom die heldin uit die staanspoor uitstekend met meneer Visser, haar bejaarde, skatryk werkgewer, oor die weg. Wanneer oubaas Visser egter'n hartaanval kry, moet sy seun uit die buiteland terugkeer om die besigheid oor te neem. Ryno Visser is berug vir sy humeur en onverbiddelikheid... En in Nimf van die berge maak Anita Hamman planne om op haar erfplaas Hammanskloof te gaan boer. Gustav Erlank is die kwaai jong eienaar van die buurplaas, Rietvlei. Kort voor lank begin Anita jaloers raak op die beeldskone Wanda, wat geen geheim daarvan maak nie dat sy trouplanne met Gustav het.
- Published
- 2016
6. Liefde in laslap
- Author
-
Elsa Winckler and Elsa Winckler
- Abstract
Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer. Neethling Meyer se sjokoladebruin oë onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling is'n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie. Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in'n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul stories werklik bestem om te vervleg?
- Published
- 2015
Discovery Service for Jio Institute Digital Library
For full access to our library's resources, please sign in.